Vraag
Sal daar ‘n eindtyd-tempel in Jerusalem wees?
Antwoord
Volgens die Bybel sal sommige eindtyd-gebeure in ‘n tempel in Jerusalem plaasvind (Daniël 9:27; Matt 24:15). 2 Tess 2:4 praat van die antichrist, “Hy sal hom verset teen al wat God genoem word of wat as heilig vereer word en hy sal hom bo hulle verhef. Hy sal selfs in die tempel van God gaan sit en voorgee dat hy God is.” Voordat sommige eindtyd-gebeure plaasvind, moet ‘n tempel in Jerusalem opgerig wees. Dit sal die derde tempel wees – die eerste was Salomo s’n; die tweede was Serubbabel s’n, later uitgebrei deur Herodes.
Daar is steeds die “klein” probleem van die Islamitiese “Dome of the Rock” (Koepel van die Rots) gebou op die plek waar die Joodse tempel veronderstel was om te wees. Moslems glo dit is die plek waar Mohammed opgevaar het hemel toe, en daarom is dit die heiligste van die Moslem tempels (bedevaartplekke). Gegewe die hedendaagse politieke klimaat, is dit ondenkbaar dat die Jode hierdie plek wou oorneem en ‘n tempel daar bou. Maar voor of gedurende die verdrukking, sal die tempel gebou word, waarskynlik as ‘n gevolg van die antichrist se verbond met Israel (Daniël 9:24-27).
Die konstruksie van die Joodse tempel sal ‘n seker aanduiding wees dat eindtyd-profesieë vervul word. Dit sal die verdrukkingsera-tempel wees wat die antichrist sal ontheilig met sy “gruwel wat verwoesting aanrig,” genoem deur Christus in Mark 13:14. Die wegraping kan enige tyd gebeur – die herbouing van die tempel hoef nie eerste te gebeur nie – dus is dit belangrik om gereed te wees.
English
Sal daar ‘n eindtyd-tempel in Jerusalem wees?