settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel betreffende die einde van die wêreld?

Antwoord


Die gebeure wat gewoonlik verwys na die "einde van die wêreld" word in 2 Pet 3:10 beskryf: "Maar die dag van die Here sal so onverwags soos 'n dief kom. En op dié dag sal die hemel met 'n groot gedruis verdwyn, die hemelliggame brand en tot niet gaan en die aarde met alles wat daarop is, vergaan". Dit is die hoogtepunt van 'n reeks gebeure, wat genoem word "die wederkoms", die tyd wanneer God tussenbeide sal tree in die menslike geskiedenis, met die doel om te oordeel. Op daardie tyd sal God alles wat Hy geskep het, "die hemel en die aarde" (Gen 1:1), vernietig.

Die tyd wanneer hierdie gebeurtenis sal plaasvind, volgens die meeste Bybelkenners, is teen die einde van die 1000-jarige periode, genoem die millennium. Gedurende hierdie 1000 jaar, sal Christus op aarde regeer as Koning in Jerusalem, waar Hy sit op die troon van Dawid (Luk 1:32-33) en in vrede regeer, maar met 'n "ystersepter" (Openbaring 19:15). Teen die einde van die 1000 jare, sal Satan vrygelaat word, weer oorwin wees en dan in die helse vuur gegooi word (Openbaring 20:7-10). Dan, na 'n finale oordeel deur God, word die wêreld beëindig soos in 2 Pet 3:10 beskryf word. Die Bybel vertel ons verskeie dinge in verband met hierdie gebeurtenis.

Eerstens sal dit 'n ontsettende gebeurtenis wees om te aanskou. Die "hemel" verwys na die fisiese heelal – die sterre, planete en sterrestelsels – sal deur 'n geweldige ontploffing in vuur opgaan, moontlik 'n kern- of atomiese reaksie wat alle materie sal verteer en uitwis. Al die elemente wat die heelal vorm, sal "wegsmelt" (2 Pet 3:12). Dit sal ook met groot geraas gepaardgaan, soos in verskillende Bybelgedeeltes beskryf word as: "'n groot gedruis" en ander benaminge daarvoor. Daar sal geen twyfel wees oor wat gebeur nie. Almal sal dit sien en hoor, soos dit aan ons in die Bybel vertel word.

Dan sal God 'n "nuwe hemel en 'n nuwe aarde" skep (Openbaring 21:1), wat die "nuwe Jerusalem" (v 2) sal insluit, die hoofstad van die hemel, 'n plek van volmaakte heiligheid, wat vanuit die hemel na die nuwe aarde sal afkom. Dit is die stad waar die heiliges – diegene wie se name in die Boek van die lewe, die Boek van die Lam (Openbaring 13:8) geskryf is – vir ewig sal lewe. Petrus verwys na hierdie nuwe skepping as die plek "waar die wil van God sal heers" (2 Pet 3:13).

Miskien is die belangrikste deel van Petrus se beskrywing van daardie dag sy waarskuwing in verse 11-12: "Aangesien al hierdie dinge so aan hulle einde gaan kom, moet julle des te meer vroom en aan God toegewy lewe. Leef in verwagting dat die dag van God kom en beywer julle daarvoor, die dag waarop die hemel in vlamme sal vergaan en die hemelliggame sal brand en wegsmelt." Christene weet wat gaan gebeur en ons moet lewe op n wyse wat die verstaan daarvan reflekteer. Hierdie lewe gaan verby en ons fokus moet op die nuwe hemel en aarde wat sal kom, wees. Ons "heilige en godvresende" lewens moet as getuienis dien vir hulle wat nie die Verlosser ken nie en ons moet aan andere van Hom vertel, sodat hulle die wrede lotsbestemming kan ontkom, wat vir hulle wag, wat Hom verwerp. "en dat julle Sy Seun wat Hy uit die dood opgewek het, uit die hemel verwag, Jesus deur wie ons gered word van die oordeel wat kom" (1 Tess 1:10).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel betreffende die einde van die wêreld?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries