settings icon
share icon
Vraag

Ek is geskei. Kan ek weer trou?

Antwoord


Ons ontvang gereed vrae soos, “Ek is geskei om hierdie of daardie rede, kan ek weer trou?”. “Ek is al twee keer geskei – die eerste omrede ontrouheid deur my eggenoot en die twede omrede ons nie bymekaar gepas het nie”. “ Ek gaan uit met ‘n man wat al drie keer geskei het – die eerste keer het hy geskei omrede hulle nie bymekaar gepas het nie, die twede keer omrede hy ontrou was aan sy vrou, en die derde keer omrede sy vrou ontrou was teenoor hom. Kan ons trou? Is dit reg indien ons trou?”. Hierdie tiepe vrae is moeilik om te beantwoord omrede die Bybel nie hierdie in detail behandel nie dws al die verskillende redes vir hertrou en egkeiding.

Wat ons beslis weet is dat God se plan was dat paartjies getroud moet bly solank hulle lewe (Genesis 2:24, Matteus 19:6). Die enigste spesifieke rede vir egskeiding is ontrouheid en dan vertel die Bybel ons dit sal nie verkeerd wees om weer te trou nie (Matteus 19:9). Maar selfs hierdie word tussen Christene gedebateer. ‘n Ander moontlikheid is “wegloop” – wanneer ‘n ongelowige maat sy gelowige maat verlaat (1 Korintiers 7:12-15). Hierdie gedeelte behandel nie spesifiek die aspek van hertrou nie, maar slegs die binding tot die huwelik. Dit sal vir ons sin maak dat fisiese, seksuele of emosionele mishandeling goeie rede sal wees vir egskeiding, maar die Bybel leer dit nie spesifiek vir ons nie.

Ons weet twee dinge verseker. God haat egskeiding (Maleagi 2:16) en dat God genadig en vergeeflik is. Elke egskeiding is die resultaat van sonde, van een of beide van die partye. Vergewe God egskeiding? Beslis! Egskeiding is geensins minder vergeeflik as enige ander sonde nie. Vergifnis van alle sonde is daar vir ons deur geloof in Jesus Christus (Matteus 26:28; Efesiers 1:7). Indien God dan egskeiding vergewe, staan ons dan vry om voort te gaan en te skei? Geensins nie! God roep soms mense om ongetroud te bly (1 Korintiers 7:7-8). Om enkel te bly moet nie as ‘n straf gesien te word nie, maar wel die geleentheid om God volhartig te kan dien (1 Korintiers 7:32-36). God se Woord vertel ons dit is beter om te trou as om te hunker na hartsog (1 Korintiers 7:9). Miskien in sekere gevalle is hierdie toepaslik om te trou na egskeiding.

So, kan jy, of moet jy weer trou? Ons kan nie hierdie vraag vir jou beantwoord nie. Dit is ‘n saak tussen jou, jou voornemende huweliks maat en mees belangrik, God. Die enigste advies wat ons will aanbied is dat jy bid vir leiding en God se wysheid in die saak (Jakobus 1:5). Bid met ‘n oop gemoed en vra vir God om Sy wil in jou hart te plaas (Psalms 37:4). Soek God se wil (Spreuke van Salomo 3:5-6) en volg dan Sy leiding vir jou.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Ek is geskei. Kan ek weer trou?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries