settings icon
share icon
Vraag

Hoe moet ‘n Christen-huweliksmaat ‘n buite-egtelike verhouding hanteer, wat uitgeloop het op die geboorte van ‘n kind?

Antwoord


Die huwelik is ‘n verbond wat ‘n paartjie geestelik en fisies bymekaar bring. Ontrouheid veroorsaak ‘n verwoestende slag wat die eenheid van die huwelik skeur, dikwels loop dit uit op onherstelbare skade. Dit kan veral waar wees as ‘n kind deur middel van troubreuk gebore is.

‘n Ouer se verantwoordelikheid ten opsigte van sy kind word nie bepaal deur die omstandighede van die kind se bevrugting nie. Om ‘n kind in die wêreld te bring deur ‘n buite-egtelike handeling is ongunstig vir alle betrokke partye, maar dit is belangrik om te onthou dat die kind onskuldig is en verdien om twee ouers in sy/haar lewe te hê.

Indien ‘n vrou besluit om by haar man te bly, selfs nadat hy ‘n verhouding gehad het en ‘n kind daaruit gebore is, moet sy ook voorbereid wees om dié sonde te vergewe. Die Bybel leer ons dat Christene mekaar moet vergewe, netsoos God ons vergewe het (Matt 6:14-15). Dit beteken dat die keuse gemaak moet word om haar gevoelens agter haar te sit, gevoelens van woede en jaloesie.

Die ideal sou wees dat ‘n vrou, wie se man ‘n buite-egtelike kind het, daardie kind moet omarm soos ‘n stiefseun/dogter. Sy moenie in die pad van haar man staan om ‘n verhouding met sy kind te hê nie, alhoewel dit vir haar sal seermaak. Hy het finansiële, geestelike en emosionele verpligtinge teenoor al sy kinders (Ef 6:4).

Alhoewel troubreuk ‘n sonde is met die potensiaal om families op te breek, hoef dit nie die einde van ‘n huwelik te wees nie. In plaas daarvan, moet die paartjie harder werk om hul verhouding weer op te bou op die stewige fondasie van geloof en gehoorsaamheid aan Jesus Christus. Net die genade en goedheid van God en sterk geloof in Christus sal ‘n paartjie deur hierdie moeilike situasie dra. Maar genade, barmhartigheid en geloof is alles gawes van God deur die Heilige Gees en hulle is verkrygbaar vanaf God aan hulle, wat werklik soek om Hom te vereer deur al die moeilikhede van die lewe.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe moet ‘n Christen-huweliksmaat ‘n buite-egtelike verhouding hanteer, wat uitgeloop het op die geboorte van ‘n kind?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries