settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek ‘n effektiewe getuie vir Christus wees in ‘n verloregaande wêreld?

Antwoord


‘n “Getuie” is iemand wat getuig van ‘n feit, om dus ‘n effektiewe getuienis vir Christus te wees, moet iemand eerstehandse kennis van Hom hê. Johannes, die apostel, praat hiervan in 1 Joh 1:1-3, as hy sê, “Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe.” Vandag gee ons wat nuwe lewe in Christus ervaar het, ‘n weergawe van Sy liefde en vergifnis, beide verbaal en ook op die manier waarvolgens ons leef. Dit is om getuienis te gee. Om effektief in ons getuienis te wees, moet ons sekere basiese dinge onthou:

Die TEMA van ons getuienis is Jesus Christus. Paulus definieer die evangelie as die dood, begrafnis en opstanding van Jesus Christus ( 1 Kor 15:1-4). As ons nie die offerande van Christus verduidelik nie, dan verkondig ons nie werklik die evangelie nie. (Sien ook 1 Kor 2:2 en Rom 10:9-10). ‘n Belangrike deel van hierdie tema is die feit dat Jesus Christus die enigste Weg tot redding is, nie sommer net een van baie weë nie.”Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe, behalwe deur My nie” (Joh 14:6).

Die KRAG van ons getuienis, is die Heilige Gees. Dit is die Gees wat ‘n lewe verander (Titus 3:5) en’n getransformeerde lewe is vir almal ‘n getuienis. Wanneer ons getuig, moet ons baie tyd in gebed deurbring, die krag van die Gees aanwend, sodat ons ons lig op so ‘n wyse kan laat skyn, dat ander die krag van God in ons sal herken (Matt 5:16).

Die GELDIGHEID van ons getuienis sal getoon word in ons lewens, hoe ons dit leef. Fil 2:15 stel hierdie doel vir ons: “Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God, te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld.” Die effektiewe Christen-getuie sal sy/haar lewe bokant verdenking leef, in die krag van die Heilige Gees, wie se vrug ons vertoon, as ons in Christus bly (Joh 15:1-8; Gal 5:22-23).

Miskien die belangrikste, ons moet genoeg kennis dra aangaande die Skrif, om in staat te wees om met akkuraatheid en samehangendheid die evangelie oor te dra. “Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe” (1 Pet 3:15). Om altyd voorbereid te wees, beteken ywerige Bybelstudie doen, die Woord memoriseer en bid vir Godgegewe geleenthede om te deel met hulle wie se harte deur die Here voorberei is om Sy boodskap van verlossing te hoor.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek ‘n effektiewe getuie vir Christus wees in ‘n verloregaande wêreld?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries