Vraag
Wat is die eer van God?
Antwoord
Die verering van God is die skoonheid van Sy Gees. Dit is nie 'n estetiese skoonheid of 'n materiële skoonheid nie, maar dit is die skoonheid wat uitstraal vanuit Sy karakter, vanuit alles wat Hy is. Jak 1:10 maan 'n ryk persoon om in sy nederigheid te roem. Daarmee word bedoel, 'n roem wat nie rykdom of mag of materiële skoonheid beteken nie. Hierdie verering kan 'n mens se kroon wees of die aarde vul. Dit word in die mens gesien of in die aarde, maar dit is nie van hulle nie; dit kom van God.
Die eer van 'n mens is die skoonheid van sy gees, wat feilbaar is en uiteindelik kan sterf – soos die vers sê. God se eer wat in al Sy eienskappe saam manifesteer, sterf nooit en is vir ewig.
Jes 43:7 sê dat God ons tot Sy eer geskep het. In konteks met die ander verse sê dit eintlik dat die mens God vereer, omdat deur die mens God se eer gesien kan word in dinge soos liefde, musiek, heldeverering , ens. – dinge wat aan God behoort, wat ons in kleipotte dra (2 Kor 4:7). Ons is die houers wat Sy eer bevat. Alles wat ons kan doen en wat ons is, kom van Hom as die Bron af. God werk op dieselfde wyse in die natuur. Die natuur vertoon Sy heerlikheid. Sy heerlikheid word op baie maniere aan die mens geopenbaar deur die materiële wêreld en dikwels op verskillende maniere aan verskillende mense. Een persoon mag deur die wonder van die berge geraak word en 'n ander deur die skoonheid van die see. Wat egter agter beide sit, is God se heerlikheid en dit spreek tot beide mense en verbind hul aan God. Op hierdie wyse is God by magte om Homself aan alle mense te openbaar, ongeag ras, herkoms of plek. Soos Ps 19:1-5 sê, "Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van Sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee. Sonder spraak en sonder woorde, onhoorbaar is hulle stem. Tog gaan daarvan 'n boodskap uit oor die hele wêreld en hulle taal bereik die uithoeke van die aarde."
Ps 73:24 verwys na die hemel as die plek van eer. Dit is algemeen om te hoor dat Christene van die dood praat as om "in ere opgeneem" te word en hierdie is 'n segswyse, vanuit hierdie Psalm oorgeneem. Wanneer die Christen sterwe, sal hy in God se teenwoordigheid ingaan en in Sy teenwoordigheid sal daar natuurlik die heerlikheid van God wees. Ons sal na die plek geneem word waar God se heerlikheid en skoonheid letterlik woon – die skoonheid van Sy Gees sal daar wees, omdat Hy daar sal wees. Die skoonheid van Sy Gees (of die wese van Wie Hy is) is Sy heerlikheid. In daardie plek sal Sy heerlikheid nie nodig hê om deur die mens of die natuur te kom nie, maar sal eerder duidelik sigbaar wees. Soos 1 Kor 13:12 sê, "Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken."
In terme van die menslike/aardse sin is verering 'n skoonheid of glans wat berus op die aardse of materiële (Ps 37:20, Ps 49:17) en daarvolgens raak dit dower. Die rede daarvoor is dat materiële dinge nie bly bestaan nie. Hulle sterf en kwyn, maar die glorie wat in hulle is, behoort aan God en gaan terug na Hom toe wanneer dood of bederf die oorhand kry. Dink maar aan die ryk persoon van vroeër. Die vers sê, "'n Gelowige wat arm is, moet hom daarin verheug dat God hom aansien gee en een wat ryk is, dat hy arm is voor God, want 'n ryk mens sal vergaan soos 'n veldblom." Wat beteken dit? Die vers vermaan die ryk man om te besef dat sy rykdom en mag en skoonheid van God kom, en om nederig te wees deur te besef dat dit God is wat Hom gemaak het wat hy is en alles wat hy het, aan hom gegee het. Die kennis dat hy soos gras sal verdwyn, sal hom tot die besef bring, dat God die Een is aan Wie die eer toekom. God se heerlikheid is die bron, die oorsprong vanwaar al die kleiner glorieryke dinge vandaan kom.
Aangesien God die Een is waar die heerlikheid vandaan kom, sal Hy nie die bewering dat glorie van die mens of afgode van die mens of van die natuur kom, verdra nie. In Jes 42:8 sien ons 'n voorbeeld van God se jaloesie aangaande Sy glorie. Hierdie jaloesie met betrekking tot Sy eie glorie kom voor in Rom 1:21-25, waar Paulus praat van hoe mense eerder die skepsel aanbid as die Skepper. Met ander woorde, hulle kyk na die voorwerp waardeur God se heerlikheid uitstraal en in plaas van om vir God die krediet te gee, aanbid hulle daardie dier of boom of mens, asof die skoonheid wat dit besit, vanuit homself na vore kom. Dit is die absolute hart van afgodery en kom baie algemeen voor. Elkeen wat ooit gelewe het, het op een of ander stadium of tyd al hierdie fout gemaak. Ons het almal al die eer van God verruil ten gunste van die "eer van die mens."
Dit is die fout wat baie mense aanhoudend maak: vertroue op aardse goed, aardse verhoudinge, hul eie mag of talente of skoonheid of die goedheid wat hulle in ander sien. Wanneer hierdie dinge egter dowwer raak en misluk, soos wel onvermydelik sal gebeur, (tydelike draers van die groter heerlikheid) raak mense wanhopig. Wat ons almal moet besef, is dat God se glorie tot in ewigheid aanhou en konstant bly. Soos ons deur die lewe reis, sal ons opmerk hoe dit hier en daar verskyn, in hierdie persoon of in daardie woud, of in 'n liefdesverhaal of heldedaad, fiksie of nie-fiksie of ons eie persoonlike lewens. Aan die einde gaan dit alles egter terug na God toe en die enigste pad na God toe, is deur Sy Seun, Jesus Christus. Ons sal die absolute oorsprong van alle skoonheid in Hom vind, in die hemel, indien ons in Christus is. Ons sal niks verloor nie. Alle dinge wat in die lewe verdwyn het, sal ons weer in Hom vind.
English
s
Wat is die eer van God?