settings icon
share icon
Vraag

Eens gered altyd gered?

Antwoord


Indien mense gered is, beteken dit dat hulle altyd gered is? Wanneer mense Christus as hulle Verlosser leer ken, word hulle in ‘n verhouding met God ingebring wat hulle verlossing as vir ewig veilig waarborg. Ontelbare gedeeltes in die Skrif verklaar hierdie feit. (a) Romeine 8:30 verklaar, “En die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.” Hierdie verse vertel ons dat vanaf die oomblik dat God ons kies, is dit asof ons verheerlik word in Sy teenwoordigheid in die hemel. Daar is niks wat ‘n gelowige kan verhoed om eendag verheerlik te word nie, aangesien God dit alreeds in die hemel beplan het. Vanaf die oomblik dat iemand geregverdig word, is sy verlossing gewaarborg – hy is so veilig asof hy alreeds in die hemel verheerlik is.

(b) Paulus vra twee kritieke vrae in Romeine 8:33-34 "Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. Wie is dit wat veroordeel? Christus Jesus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is tot die lewe – wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.” Wie sal ‘n klagte teen God se uitverkorenes inbring? Niemand sal nie, want Christus self is ons advokaat. Wie sal ons veroordeel? Niemand sal nie, want Christus, die Een wat vir ons gesterf het, is die een wat veroordeel. Ons het beide die advokaat en die regter as ons Verlosser.

(c) Gelowiges is wedergebore (geregenereer) wanneer hulle glo (Johannes 3:3; Titus 3:5). ‘n Christen sal eers sy verlossing moet verloor voordat hy gederegenereer kan word. Die Bybel gee geen bewyse dat die nuwe geboorte van ons af weggeneem kan word nie. (d) Die Heilige Gees woon in alle gelowiges (Johannes 14:17; Romeine 8:9) en dood alle gelowiges in die liggaam van Christus (1 Korinthiërs 12:13). Indien ‘n gelowige weer ongered sou wou word, sou hy eers “on-inwonend” en losgemaak moet word van die Liggaam van Christus.

(e) Johannes 3:15 sê dat wie ook al in Jesus Christus glo “die ewige lewe kan hê.” As jy vandag in Christus glo en die ewige lewe het, maar dit more verloor, dan was dit nooit in die eerste plek “ewig” nie. As dit dus vir jou moontlik was om jou verlossing te verloor, sou die beloftes van ewige lewe in die Bybel ook ‘n fout wees. (f) Vir die mees gevolgtrekkende argument, glo ek die Skrif opsigself sê dit die beste, “Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie (Romeine 8:38-39)." Onthou dat dieselfde God wat jou gered het ook dieselfde God is wat jou sal bewaar. Wanneer ons eens gered is, is ons vir altyd gered. Ons verlossing is verseker vir ewig veilig!

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Eens gered altyd gered?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries