Vraag
Profeteer die Bybel ‘n een wêreldregering en ‘n een wêreldgeldstelsel in die eindtyd?
Antwoord
Die Bybel gebruik nie die frase “een wêreldregering” of “een wêreldgeldstelsel” in verwysing na die eindtyd nie. Dit voorsien egter duidelike getuienis om ons toe te rus om tot die slotsom te kom, dat beide onder die regering van die antichris, in die laaste dae sal bestaan.
In sy apokaliptiese visioen in die boek Openbaring, sien die apostel Johannes die “dier,” wat ons as die antichris identifiseer en wat uit die see opkom en sewe koppe en tien horings het (Openbaring 13:1). Deur hierdie met Daniël se soortgelyke visioen te vergelyk (Dan 7:16-24), kan ons aflei dat een of ander soort wêreldregeringstelsel deur die dier ingestel sal word, die magtigste “horing,” wat mag het om teen die gelowiges oorlog te maak en hulle te oorwin (Openbaring 13:7). Die tien-nasie-konfederasie word ook in die visioen van Daniël 2:41-42 gesien, waar die finale wêreldregering bestaan uit tien wesens, uitgebeeld deur die beeld se tien tone. Wie ookal die tien nasies is en hoe hulle ookal verenig sal word, die Skrif is wel duidelik dat die dier drie van hulle sal oorwin (Daniël 7:8) en die res sal doen soos hy beveel.
Johannes beskryf die regeerder van hierdie uitgestrekte ryk as een van mag en groot outoriteit, aan hom van Satan self gegee (Openbaring 13:2). Hierdie regeerder ontvang aanbidding van “die hele wêreld” (Openbaring 13:3-4) en sal outoriteit hê oor “elke stam, volk, taal en nasie” (Openvbaring 13:7). Hierdie persoon sal werklik die leier wees van ‘n een wêreldregering wat erken sal word as soewerein oor alle ander regerings. Ons sien vandag al nasies wat gewillig is om hul soewereiniteit op te gee om klimaatsverandering te bekamp; dit is maklik om jou voor te stel dat die rampe en plae beskryf in Openbaring 6-11 so ‘n enorme krisis sou laat onstaan dat die volke van die wêreld enigiets en enige iemand sal aanhang, wat ‘n oplossing beloof.
Eers as die dier (antichris) in mag ingegrawe het en die mag het agter hom (Satan), sal hulle beweeg en algehele beheer tot stand bring. Deur aanbidding te eis, sal Satan sy doel nastreef om soos God te wees (sien Jes 14:12-14). Om werklik mense te beheer, moet handel gekontroleer word. Openbaring 13 beskryf hoe dit sal gebeur. Elkeen, “klein en groot, ryk en arm, vryes en slawe” sal geforseer word “om ‘n merk op hulle regterhand of op hulle voorkop te dra” om sodoende te kan koop of verkoop (Openbaring 13:16) Geen twyfel dat die meerderheid mense in die wêreld die merk sal neem om eenvoudig te kan oorleef. Hierdie nuwe stelsel van handeldrywe sal universeel wees, dit sal verpligtend wees en dit sal geassosieer word met die aanbidding van die dier (Openbaring 13:15). Daar is ‘n groot stuk spekulasie oor watter vorm hierdie merk sal aanneem en hoe dit aangebring sal word, maar die tegnologieë beskikbaar op die oomblik, kan dit maklik bemeester.
Hulle wat na die wegraping van die kerk agtergelaat sal word, sal ‘n folterende keuse in die gesig staar – aanvaar die merk van die dier of ly honger en afgryslike vervolging deur die antichrist en sy volgelinge. Maar hulle wat vir Christus aanneem gedurende daardie tyd, hulle name word geskryf in die boek van die Lam van die Lewe (Openbaring 13:8), en hulle sal kies om uit te hou, selfs deur martelaarskap.
English
Profeteer die Bybel ‘n een wêreldregering en ‘n een wêreldgeldstelsel in die eindtyd?