Vraag
Wat sal die eindtyd wees, een-wêreldgodsdiens?
Antwoord
Die een-wêreldgodsdiens wat in Openbaring 17:1-18 beskryf word as die “die sedelose vrou,moeder van die sedeloses en van die losbandigheid op die aarde” sal deel vorm van die eindtyd-scenario. Die term “prostituut” (sedelose vrou) word regdeur die Ou Testament gebruik as ‘n metafoor vir valse godsdiens. Die eintlike identiteit en voorkoms van die godsdiens was vir eeuelank ‘n debat en het uitgeloop op ‘n klomp verskillende sienings onder Bybel-kommentators en teoloë. Daar is oortuigende argumente vir dié godsdiens soos Katolisisme, Islam, die “New Age Movement” of ‘n vorm van godsdiens wat tans nog nie eers ontdek is nie en ‘n Internet-soeke verskaf nog meer moontlikhede en teorieë. Daar is geen twyfel dat een of ander soort een-wêreldgodsdiens onder die valse profeet, ‘n deel sal wees van die eindtyd nie, miskien saamgestel uit ‘n getal verskillende godsdienste, sektes en –ismes wat vandag bestaan.
Openbaring 17:1-18 gee verskillende eienskappe van die een-wêreldgodsdiens. Die valse godsdiens sal al die mense, menigtes, nasies en tale van die aarde domineer. Dit beteken dat dit universele outoriteit sal hê, geen twyfel dat die Antichris dit sal gee nie, wat die wêreld op daardie tydstip sal regeer. Vers 2-3 beskryf die sedelose vrou waar sy owerspel met die “konings van die aarde” pleeg, met verwysing na die valse godsdiens se invloed onder die wêreldleiers en invloedryke mense. “Dronk geword van die wyn van haar onsedelikheid” mag verwys na hulle wat dronk is met die krag wat hulle ontvang, deur die aanbidding van die valse god van hierdie godsdiens, soos Satan gereeld hulle wat hunker na mag, in ‘n val lok. Die bondgenote, saamgesmee deur die valse godsdiens, sal kerk en staat verenig soos nooit tevore.
Vers 6 beskryf die sedelose vrou asof sy “dronk is van die bloed van die gelowiges, van die bloed van die mense wat vir Jesus getuig het.” Die moord op gelowiges gedurende die verdrukking sal deel vorm van die Antichris se plan (Openbaring 6:9). Baie wat die wêreldwye godsdiens teenstaan, sal onthoof word (Openbaring 20:4), en hulle wat weier om die Antichris te aanbid deur sy merk te aanvaar, sal onbevoeg wees om te koop en te verkoop, en so sal oorlewing baie moeilik raak (Openbaring 13:16-17).
Uiteindelik sal die sedelose vrou guns verbeur by die Antichris, wat die wêeld se aanbidding vir homself sal wil hê. Hy sal nie die bewondering van die wêreld met die profete en priesters van die valse godsdiens wil deel nie, ongeag hoe onderdanig hulle mag wees. Eers as die Antichris die wêreld se aandag gewen het deur sy wonderwerkende terugkeer uit die dood (Openbaring 13:3, 12, 14), sal hy teen die valse godsdiensstelsel draai en dit verwoes en homself as God vestig. Die misleiding, sê Jesus vir ons, sal so groot wees, dat, indien dit moontlik sou wees, selfs die uitverkorenes daarvoor sal swig (Matt 24:24).
English
Wat sal die eindtyd wees, een-wêreldgodsdiens?