Vraag
Wat beteken dit om een vlees te wees in ‘n huwelik?
Antwoord
Die uitdrukking “een vlees” kom voor in Genesis met die skepping van Eva. Gen 2:21-24 beskryf die proses waardeur God vir Eva van ‘n ribbebeen uit Adam se sy geskep het, terwyl hy geslaap het. Adam het agtergekom dat Eva deel van hom was – hulle was in werklikheid “een vlees”. Dit beteken dat soos ons liggame een heel entiteit is en nie in stukke gedeel kan word nie, maar steeds ‘n geheel bly, so het God ook bedoel dat die huweliksverhouding moet wees. Daar is nie meer twee entiteite (twee individue) nie, maar nou is daar een entiteit (‘n getroude paar). Daar is ‘n klomp aspekte verbonde aan hierdie nuwe eenheid.
So ver as emosionele bykomstighede geraak word, kry die nuwe eenheid voorrang bo alle vorige en toekomstige verhoudinge (Gen 2:24). Sommige getroudes gaan voort om sterker bande met die ouers te behou, as met die eggenoot. Dit is ‘n resep vir ongeluk in die huwelik en is ‘n verdraaiing van God se aanvanklike bedoeling met “verlaat en aankleef”. ‘n Soortgelyke probleem kan ontstaan as ‘n eggenoot begin om met emosionele behoeftes nader aan ‘n kind te beweeg as aan sy/haar huweliksmaat.
Die paartjie moet emosioneel, geestelik, intellektueel, finansieel en op elke gebied een word. Net soos die een deel van die liggaam vir die ander liggaamsdele sorg (die maag verteer kos vir die liggaam, die brein gee rigting aan die liggaam ten bate van die geheel, die hande werk vir die behoud van die liggaam, ens.), so moet elkeen in die huwelik vir mekaar omgee. Geld moenie gesien word as “my geld” nie; eerder as “ons geld”. Ef 5:22-33 3n Spreuke 31:10-31 beskryf die aanwending van hierdie “een wees” in die rol van die man en die vrou onderskeidelik.
Fisies word hulle een vlees en die gevolg daarvan is kinders wat as gevolg van die eenwording geproduseer word; Hierdie kinders het ‘n spesiale genetiese grimering, wat deur hul eenwording bepaal is. Selfs in die seksuele aspek van hul verhouding moet ‘n man en vrou nie hul liggame as hul eie beskou nie, maar eerder asof dit aan hul eggenoot behoort (1 Kor 7:3-5). Hulle moet ook nie fokus op hul eie plesier nie, maar eerder om plesier aan die huweliksmaat te gee.
Hierdie “een wees” en begeerte om mekaar te bevoordeel is nie outomaties nie, veral na die mens se sondeval. Die man in Gen 2:24 is aangesê om sy vrou aan te kleef. Hierdie woord het twee betekenisse: een is om aan die vrou “vas gegom” te wees – ‘n beeld van hoe vas die huweliksverbond moet wees. Die ander aspek is om die vrou “na te jaag” – om verder te “jaag” na ‘n huwelik en nie net die vrou die hof te maak nie en dan ook aan te hou “jaag” regdeur die huwelik. Die vleeslike tendens is om “ te doen wat vir my goed voel”, eerder as om in ag te neem wat die eggenoot sal bevoordeel. Dit is hierdie selfsugtige houding wat veroorsaak dat huwelike in so ‘n groef beland as die “wittebrood verby is”. Elke huweliksmaat moet gefokus bly op die behoefte van die eggenoot, eerder as wat elkeen sy eie wil bevredig.
Hoe aangenaam dit ook al vir twee mense is om bymekaar te bly en mekaar se behoeftes te bevredig, het God nogtans ‘n hoër roeping vir die huwelik. Soos hulle Christus met hul lewens gedien het voor die troue (Rom 12:1-2), moet hulle nou as ‘n eenheid Christus saam dien en hul kinders so grootmaak om God te dien (1 Kor 7:29-34; Mal 2:15; Ef 6:4). In Hand 18 is Priscilla en Aquila goeie voorbeelde hiervan. Soos ‘n paartjie volhou om Christus saam te dien, sal die vreugde van die Gees hul huwelik vul (Gal 5:22-23). In die tuin van Eden was Adam, Eva en God teenwoordig (drie) en daar was vreugde. As God dus sentraal in die huwelik staan, sal daar ook vreugde wees. Sonder God is ‘n ware en volledige “een wees” nie moontlik nie.
English
Wat beteken dit om een vlees te wees in ‘n huwelik?