settings icon
share icon
Vraag

Het een derde van die engele saam met Lucifer geval?

Antwoord


Aangesien daar geen vers is wat sê dat ‘n derde van die engele uit die hemel geval het nie, is daar sommige verse, as hulle saamgestel word, wat ons tot daardie slotsom bring. Een of ander tyd na hul skepping en redelik seker na die sesde dag toe alles as “baie goed” verklaar was (Gen 1:31), het Satan gerebelleer en was hy uit die hemel gewerp. “Jy wat die helder môrester was, het uit jou hemel geval. Jy wat ‘n oorwinnaar van nasies was, is in die grond verpletter” (Jes 14:12). Jesus het gesê, “Ek het die Satan soos ‘n weerligstraal uit die hemel sien val” (Luk 10:18) en in Openbaring word Satan gesien as ’n ster “wat van die hemel af op die aarde geval het” (Openbaring 9:1).

Hebr 12:22 sê dat “miljoene engele by ‘n feestelike samekoms” was. Johannes het hierdie groot wonder in die hemel gesien, “daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings …. Sy stert het ‘n derde van die sterre van die hemel saamgesleep en hulle op die aarde gegooi ….. die groot draak, die slang van ouds, wat die duiwel en die Satan genoem word en wat die hele wêreld verlei, is uit die hemel uit gegooi ….. en sy engele saam met hom” (Openbaring 12:3-9).

Aangesien na Satan verwys word as ‘n ster wat val of op die aarde gewerp was en Openbaring 12:4 sê ‘n derde van die sterre was saam met hom uit die hemel gegooi, dan is die gevolgtrekking dat die sterre in Openbaring 12 verwys na gevalle engele, ‘n volle een derde van die hemelse leёrskare. Indien die een derde getal reg is, watter versekering is dit nie! Twee derdes van die engele is steeds aan God se kant en vir volgelinge van Christus, is hulle dan ook aan ons kant!

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Het een derde van die engele saam met Lucifer geval?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries