settings icon
share icon
Vraag

Wat bedoel die Bybel as dit sê, "Die dwaas dink daar is geen God nie"?

Antwoord


Beide Ps 14:1 en Ps 53:1 lees, Die dwaas dink daar is geen God nie." Sommige dink dit beteken dat ateïste dom is, nie intelligent genoeg nie. Dit is egter nie die enigste betekenis van die Hebreeuse woord, as dit vertaal word, "dwaas" nie. In hierdie teks is die Hebreeuse woord "nabal" en dit verwys dikwels na 'n goddelose mens wat geen persepsie van etiese of religieuse waarheid het nie. Die betekenis van die teks is nie "onintelligente mense glo nie in God nie." Die betekenis is eerder "sondige mense glo nie in God nie." Met ander woorde, dit is 'n slegte ding om God te ontken en 'n ontkenning van God word dikwels vergesel deur 'n slegte lewenstyl. Die vers gaan voort deur nog ander karaktereienskappe van die ongodsdienstiges te lys: "Dwase mense vernietig alles; wat hulle doen, is 'n gruwel vir God. Daar is nie een wat goed doen nie." Ps 14 is 'n studie oor die universele verval van die mensdom.

Baie ateïste is baie intelligent. Dit is nie intelligensie of te min daarvan wat iemand daartoe lei om geloof in God te verwerp nie. Dit is 'n tekort aan regverdigheid wat daartoe aanleiding gee. Baie mense maak nie beswaar teen die opvatting van 'n Skepper nie, so lank as wat daardie Skepper Sy eie besigheid bedryf en hulle alleen laat. Wat mense wel teenstaan, is die gedagte van 'n Skepper wat moraliteit vereis van Sy skepping. Eerder as om te sukkel met 'n skuldige gewete, verwerp sommige mense die opvatting van God as geheel. Ps 14:1 noem hierdie tipe mens 'n "dwaas."

Ps 14:1 sê dat die ontkenning van God se bestaan, eenvoudig gebaseer is op 'n begeerte om 'n slegte lewe te lei. Verskeie prominente ateïste het die waarheid hiervan erken. Sommige, soos die skrywer, Aldous Huxley, het openlik erken dat 'n begeerte om morele beperkinge te vermy, 'n motivering vir hul ongeloof was:

"Ek het motiewe gehad dat ek nie wou hê dat die wêreld 'n betekenis moet hê nie; en gevolglik aangeneem dat dit niks het nie en was by magte om sonder enige moeite bevredigende redes vir hierdie gevolgtrekking te vind. Die filosoof wat geen betekenis in die wêreld vind nie, is nie uitsluitlik begaan oor 'n probleem in suiwer metafisika nie. Hy is ook begaan daaroor om te bewys dat daar geen geldige rede is waarom hy persoonlik nie kan doen soos hy graag wil doen nie. Vir myself en sonder twyfel vir die meeste van my vriende, was die filosofie van betekenisloosheid hoofsaaklik 'n instrument van bevryding vanuit 'n sekere stelsel van moraliteit. Ons het ons bedenkinge ten opsigte van moraliteit, omdat dit inmeng met ons seksuele vryheid. Die ondersteuners van hierdie stelsel beweer dat dit die Christelike betekenis van die wêreld beliggaam. Daar was een bewonderenswaardige eenvoudige metode om hierdie mense te weerspreek en onsself te regverdig in ons erotiese rebellie: ons wil ontken dat die wêreld enige betekenis het." – Aldous Huxley," Ends and Means."

Om te glo in 'n goddelike Wese word vergesel deur 'n sin van aanspreeklikheid ten opsigte van daardie Wese. Dus, om die veroordeling van die gewete te ontkom, wat op sigself deur God geskep is, ontken sommige eenvoudig God se bestaan. Hulle sê vir hulself, "Daar is geen opsigter oor die wêreld nie. Daar is geen Oordeelsdag nie. Ek kan lewe soos ek wil." Die morele invloed van die gewete word dus makliker geïgnoreer.

Deur te probeer om jouself te oortuig dat daar geen God is nie, is onwys. Die punt van "Die dwaas sê in sy hart, 'Daar is geen God nie'" beteken dat dat dit 'n goddelose, sondige hart is wat God wil ontken. Die ateïs se ontkenning is baie in kontras met baie getuienis, insluitend sy eie gewete en die heelal waarin hy leef.

'n Tekort aan getuienis van God se bestaan is nie die ware rede waarom ateïste 'n geloof in God verwerp nie. Hul verwerping is toe te skryf aan 'n begeerte om 'n lewe te leef wat vry is van morele beperkinge wat God vereis en om te ontsnap aan die skuldgevoel wat saamgaan met die oortreding van daardie beperkinge. "God openbaar vanuit die hemel Sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk. Wat 'n mens van God kan weet, was immers binne hulle bereik, want God het dit binne hulle bereik gebring. Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat Sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie, omdat al weet hulle van God, hulle Hom nie as God eer en dank nie. Met hulle redenasies bereik hulle niks nie en deur hulle gebrek aan insig bly hulle in die duister. Hulle gee voor dat hulle verstandig is, maar hulle is dwaas. Daarom gee God hulle aan die drange van hulle hart oor en aan sedelike onreinheid, sodat hulle hulle liggame onder mekaar onteer. Dit is hulle wat die waarheid van God verruil vir die leuen" (Rom 1:18-25).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat bedoel die Bybel as dit sê, "Die dwaas dink daar is geen God nie"?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries