settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek ‘n dwaalleraar / valse profeet herken?

Antwoord


Jesus het ons gewaarsku dat “valse christusse en valse profete” sal kom en sal probeer om selfs God se uitverkorenes te mislei (Mattheus 24:23-27; sien ook 2 Petrus 3:3 en Judas 17-18). Die beste manier om jouself teen valshede en dwaalleraars te beskerm is om die waarheid te ken. Om ‘n vervalsing uit te ken moet jy die ware Jakob bestudeer. Enige gelowige “wat die woord van die waarheid reg sny” (2 Timotheus 2:15) en wat ‘n deeglike studie van die Bybel maak, sal valse leerstellings herken. Byvoorbeeld, ‘n gelowige wat die handelinge van die Vader, Seun en Heilige Gees in Mattheus 3:16-17 gelees het, sal onmiddelik enige leerstelling wat die Drie-Eenheid verloën, bevraagteken. Dus, stap een is om die Bybel te bestudeer en alle leringe te oordeel op grond van wat die Skrif sê.

Jesus het gesê “want aan die vrugte word die boom geken” (Mattheus 12:33). Wanneer op die uitkyk vir “vrugte”, is daar drie spesifieke toetse waaraan enige leraar onderwerp kan word om die akkuraatheid van sy verkondiging te bepaal:

1) Wat sê hierdie leraar omtrent Jesus? In Mattheus 16:15-16, vra Jesus, “wie sê julle is Ek?” Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”, en vir hierdie antwoord word Petrus “salig” genoem. In 2 Johannes 9 lees ons, “Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hý het die Vader sowel as die Seun.” Met ander woorde, Jesus Christus en Sy werk van verlossing is van die uiterste belang; pasop vir enigeen wat ontken dat Jesus aan God gelyk is, wat Jesus se offerdood minag, of wat Jesus se menswording verwerp. 1 Johannes 2:22 sê, “Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.”

2) Verkondig hierdie leraar die evangelie? Die evangelie word beskryf as die goeie nuus rakende Jesus se sterwe, begrafnis en opstanding, volgens die Skrif (1 Korinthiërs 15:1-4). So mooi soos dit klink, die stellings “God het jou lief,” “God wil hê ons moet die hongeres voed,” en “God wil hê dat jy ryk moet wees” is nie die volledige boodskap van die evangelie nie. Soos Paulus in Galasiërs 1:7 waarsku, “behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.” Niemand, nie eens ‘n goeie prediker nie, het die reg om die boodskap wat God aan ons gegee het te verander nie. “As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees!” (Galasiërs 1:9).

3) Vertoon hierdie leraar karakter eienskappe wat God eer? Met verwysing na dwaalleraars, sê Judas 11, “Wee hulle, want hulle het die weg van Kain bewandel en om loon hulleself in die verleiding van Bileam gestort en in die verset van Korag omgekom.” Met ander woorde, ‘n dwaalleraar kan herken word aan sy hoogmoed (Kain se verwerping van God se plan), gierigheid (Bileam se profesie vir geld), en verset (Korag se aanstelling van himself oor Moses). Jesus het gesê om op te pas vir sulke mense en dat ons hulle aan hulle vrugte sal ken (Mattheus 7:15-20).

Vir verdere studie, hersien daardie boeke van die Bybel wat spesifiek geskryf is om valse leringe in die kerk te bekamp: Galasiërs, 2 Petrus, 1 Johannes, 2 Johannes, en Judas. Dit is dikwels moeilik om ‘n dwaalleraar/valse profeet uit te ken. Satan doen hom voor as ‘n engel van die lig (2 Korinthiërs 11:14), en sy dienaars doen hulle voor as dienaars van geregtigheid (2 Korinthiërs 11:15). Slegs deur deeglik bekend te wees met die waarheid sal ons instaat wees om ‘n bedrieër te herken.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek ‘n dwaalleraar / valse profeet herken?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries