Vraag
Wat is dubbele uitverkorenheid?
Antwoord
Dubbele uitverkorenheid/predestinasie is die oortuiging dat God sommige mense skep wie se bestaansdoel dit is om hel toe gestuur te word. Is hierdie konsep bybels? Laat ons kyk na die vraag vanuit die boek Romeine, wat twee oorheersende temas regdeur het. Die eerste tema is die regverdigheid van God. Dit is die evangelieboodskap self wat God se regverdigheid openbaar (Rom 1:16-17). Dit is die waarheid wat die evangelieboodskap bevat dat deur geloof ‘n mens regverdig verklaar word voor God (Rom 4-5). Dit is die sentrale tema van die evangelieboodskap – Jesus Christus – wat dit moontlik maak vir ‘n mens om regverdig te kan wees (Rom 6-7). Dit is die evangelieboodskap wat vir die mens die weg aanwys om op ‘n regverdige manier te lewe (Rom 12).
‘n Ander tema in die boek Romeine is dié van die toorn (wrath). God se toorn was geopenbaar – en word steeds geopenbaar – teen alle sondige handelinge (Rom 1:18). Die mensdom weet van God, maar verwerp God in hul denke en in hul handelinge (Rom 1:21-22). Die toorn van God, dus is die oorgee van die mens om te lewe soos hy wil (Rom 1:24, 26, 28), wat afsonderlik van God lewe en dit lei tot vernietiging (Rom 1:28-32). Die mens verwerp die God van die heelal en God, op Sy beurt, laat die mens in die steek. Slegs ‘n persoonlike ingryping van God kan die pad van vernietging verander waarop die mens homself bevind, terwyl hy in die sonde volhard.
Nou lees ons in Rom 9:22, “En as God dieselfde wou doen? Hy wou Sy toorn laat sien en Sy mag bekend maak. Daarom het Hy die voorwerpe van Sy toorn, die mense wat reg was om verdelg te word, met groot geduld verdra.” Baie mense dink hierdie vers leer dat God sekere mense vir Sy toorn gemaak het. Maar dit is nie die kern van hierdie vers nie. Deur bo te lees het die mensdom reeds God se toorn beleef. Die mensdom het homself vir vernietiging gereed gemaak. Dit is God wat hierdie voorwerpe verduur het – voorwerpe wat hulself vir die val voorberei het, omdat hulle nie die sonde laat staan het en na God gedraai het nie.
Kyk na Rom 9:23, “so sou Hy ook die rykdom van Sy heerlikheid bekend maak oor die voorwerpe van Sy ontferming, die mense wat Hy vantevore vir die heerlikheid voorberei het.” Let wel dat God sekere mense vooraf uitgekies het vir Sy heerlikheid. Met ander woorde, voor die grondlegging van die wêreld het God sekere mense uitgekies om Sy kinders te wees, sodat Hy verheerlik kan word (sien Ef 1:4). Dit sê nie dat God mense gekies het tot verdoemenis of uitverkore mense tot wraak nie. Die Bybel praat nooit oor ‘n dubbele uitverkiesing waar God sommige uitverkies of voorbeskik vir die hel nie , en ander vir die hemel nie. Hulle wat onder God se toorn is, is in daardie posisie omdat hulle God verwerp het. Hulle wat die regverdigheid van God het is in daardie posisie omdat God hulle gekies het om Sy kinders te wees.
English
Wat is dubbele uitverkorenheid?