settings icon
share icon
Vraag

Moet wyn of druiwesap tydens Nagmaal gebruik word?

Antwoord


Of dit aanvaarbaar is om wyn gedurende Nagmaal te bedien (en/of te ontvang) is 'n geldige debat tussen Christene. Soos ons die onderwerp ondersoek, moet ons nie fokus verloor aangaande die hoofsaak en dit is wat die vloeistof in die glas verteenwoordig nie — die gestorte bloed van ons Here en Verlosser met die sluiting van die Nuwe Verbond.

Eerstens 'n oorsig oor die onderwerp van wyn in die Skrif. Dat wyn gebruik is in Oud Testamentiese tye is baie duidelik. Ons sien die eerste gebruik of misbruik toe Noag dronk gelê het, nakend in sy tent (Gen 9:21). Later het koning Melgisedek wyn aan Abram bedien (Gen 14:17-18). In Eks 29:40 beveel God dat wyn gebruik moet word as deel van die offerandestelsel. Toe Dawid koning geword het, het sy manne drie dae lank feesgevier met kos en wyn (1 Kron 38-40). Ps 104:15 vertel ons dat God wyn gemaak het "om mense se harte bly te maak." Ons het ook die belofte dat die Here eendag 'n fees vir Sy mense sal voorberei van "goeie kos en geurige wyn" (Jes 25:6).

In die Nuwe Testament is Jesus se eerste wonderwerk om water in wyn te verander by 'n troue in Kana (Joh 2:1-11). Ons Here het ook nie net self wyn gedrink nie (Luk 7:34), maar het gesê dat Hy dit in die hemel saam met ons sal drink (Matt 26:29). Die apostel Paulus het vir Timoteus aanbeveel om wyn te gebruik, in plaas van "net water", om sy maag beter te maak (1 Tim 5:23).

Nieteenstaande die gereelde verwysings van wyn in die Bybel, is dit duidelik dat dronkenskap nooit aanvaarbaar is nie. Ef 5:18 stel dit baie duidelik: "Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard."

Dus, die voorstelle om wyn te drink by die Nagmaal, het die Skrif as ondersteuning en die bogenoemde voorbeelde (Noag uitgesluit) reflekteer hoe wyn, indien dit behoorlik en matig gebruik word, tog 'n goeie ding kan wees.

Diegene wat voel dat wyn nie gebruik moet word nie, het ook sommige oortuigende argument en het ook verwysings uit die Skrif. In Spreuke, byvoorbeeld, is waarskuwings teen wyn: Spreuke 4:17; 20:1 en 23:29-32. In Lev 10:9 vertel die Here aan Aäron dat hy en sy seuns nie wyn mag drink, as hulle in die Tent van Ontmoeting gaan nie, want dan sal hulle sterf.

Wyn of druiwesap tydens die Nagmaal? Daar is geen vaste Bybelse reël wat sê dat enige een bo die ander voorkeur kry of meer aanvaarbaar is as die ander nie. Die gedeeltes wat handel oor die Laaste Nagmaal, noem nooit enige wyn of druiwesap nie; hulle verwys eenvoudig na "die beker". Daar is tog 'n paar praktiese gevalle wat in oorweging geneem moet word. Indien die teenwoordigheid van alkohol op enige wyse tot nadeel gaan wees, dan is dit 'n geldige kwelling. Daar is sekerlik geen kerk wat wil sien dat iemand die Nagmaal vermy, as gevolg van alkoholgebruik nie. Christus se opdrag was dat die kerk dit moet gebruik, "elke keer as julle daaruit drink, tot My gedagtenis" ( 1 Kor 11:25). Dit sal hartseer wees as die gebruik van wyn veroorsaak dat iemand fokus verloor en sodoende die opdrag van Christus minag.

Nêrens in God se Woord sien ons 'n vereiste wat aanleiding gee tot die fermentasievlak van die beker se inhoud nie. Indien iemand egter 'n sterk opinie handhaaf oor wat die beste is om te gebruik as verering teenoor die Verlosser, is dit reg dat hy/sy daardie oortuiging behou. Ons moet egter versigtig wees om nie te vergeet wat die beker verteenwoordig nie en om nie 'n broer of suster in Christus te veroordeel, betreffende sake van persoonlike opinie nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Moet wyn of druiwesap tydens Nagmaal gebruik word?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries