settings icon
share icon
Vraag

Wat beteken die doping vir die gestorwenes?

Antwoord


Doping vir die gestorwenes is ‘n nie-bybelse praktyk waar ‘n lewende persoon gedoop word in die plek van iemand wat gesterf het, d.m.v. ‘n publieke bekentenis van geloof te maak vir daardie gestorwene. Ons kan daaraan dink as die praktyk vir doping van ‘n dooie persoon.

Die praktyk is gegrond op die verkeerde interpretasie van 1 Kor 15:29, “En nou, as die dooies glad nie opgewek word nie, wat wil die mense bereik wat hulle vir dooies laat doop? Waarom laat hulle hulle nog vir dooies doop?” Dit is ‘n moeilike gedeelte om te interpreteer, maar ons weet deur dit met die res van die Skrif te vergelyk, dit nie beteken dat ‘n dooie persoon gered kan word, deurdat iemand anders gedoop word nie, omdat die doop nie ‘n vereiste vir verlossing in die eerste plek is nie (Ef 2:8; Rom 3:28; 4:3; 6:3-4). Die algehele gedeelte (verse 12-29) handel oor die sekerheid van die opstanding, nie oor doping vir die dooies nie.

Wat was die doping vir die dooies? Dit is ‘n geheimsinnige gedeelte en daar was meer as 30 pogings om dit te interpreteer. 1. Die eenvoudige betekenis van die Grieks in vers 29 is dat sommige mense gedoop word in die plek van hulle wat gesterf het – en as daar geen opstanding is nie, hoekom doen hulle dit? 2.Selfs Paulus verwys na ‘n heidense gewoonte (let op hy gebruik “hulle” en nie “ons” nie), of na ‘n bygelowige en onskriftuurlike praktyk in die kerk van Korinte van plaasvervangende doping vir gelowiges wat gesterf het, voordat hulle gedoop was. 3. In elk geval, keur hy nie die praktyk goed nie; hy sê sonder meer dat as daar geen opstanding is nie, hoekom sou die gewoonte plaasvind? Die Mormoonse gebruik van doping vir die dooies is nie volgens die Skrif of sinvol nie. Doping vir die dooies is ‘n gebruik wat algemeen in die heidense godsdienste van Griekeland was en dit word steeds vandag nog deur sommige kulte gebruik; maar dit verander nie iemand se ewige bestemming nie, omdat laasgenoemde bepaal word terwyl hy/sy nog lewe (Luk 16:26).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat beteken die doping vir die gestorwenes?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries