settings icon
share icon
Vraag

Is die doop 'n vereiste voordat iemand Nagmaal mag gebruik?

Antwoord


Dit word nie in die Skrif gemeld dat 'n persoon eers gedoop moet word, voordat Nagmaal gebruik mag word nie. Dieselfde vereiste vir beide doping en deelname aan die Nagmaal is egter verlossing deur geloof in die dood, begrafnis en opstanding van Jesus Christus.

Die Nagmaal is deur Jesus ingestel toe Hy die Paasmaal saam met Sy dissipels geniet het, die aand voordat Hy gekruisig is (Matt 26:20-28). In Matt 28:19, na die Here se sterwe en opstanding, het Hy die Groot Opdrag aan Sy dissipels gegee om die wêreld in te gaan en Sy Evangelie te gaan verkondig. Jesus het die opdrag opgevolg met 'n ander opdrag om die nuwe gelowiges te doop. Die waterdoop in die Naam van die Drie-eenheid is van die begin van die kerk se ontstaan, toegepas. Die enigste vereiste, soos bo genoem is, is dat die persoon in die Here Jesus Christus as Verlosser moet glo. Die doop is 'n beeld van die verlossingsgebeure en is 'n handeling van gehoorsaamheid aan ons Here. Dit word beskou deur baie Bybelgeleerdes as die eerste stap na Christen-dissipelskap.

Die Nagmaal is 'n manier vir gelowiges in Christus om met hul Here gemeenskap te hê en Sy dood in herinnering te roep. Die doop is 'n belangrike identifiseringsmerk vir gelowiges in Christus. Iemand wat nooit gedoop is nie, mag 'n gelowige wees, maar het nog nie homself/haarself in die publiek as een geïdentifiseer nie of die eerste stap in gehoorsaamheid na Christus toe geneem nie. Dit is miskien die rede waarom sommige kerke die doop vereis, voordat daar deelname aan die Nagmaal plaasvind. Tog gee die Skrif nêrens hierdie instruksie nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is die doop 'n vereiste voordat iemand Nagmaal mag gebruik?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries