settings icon
share icon
Vraag

Leer Joh 3:5 dat die doop nodig is vir redding?

Antwoord


Soos met enige enkelvers of gedeelte onderskei ons wat dit leer, deur eerstens deur die Bybel te werk en uit te vind wat dit leer aangaande 'n spesifieke onderwerp. In die geval van doping en verlossing is die Bybel duidelik dat verlossing uit genade deur geloof in Jesus Christus verkry word, nie deur werke van enige aard nie, insluitende die doop (Ef 2:8-9). Dus, enige interpretasie wat die gevolgtrekking maak dat die doop of enige ander handeling nodig is vir redding, is 'n valse interpretasie. Vir meer inligting, lees asb. ons webblad oor "Is verlossing deur geloof alleenlik of deur geloof plus werke?"

Joh 3:3-7, "Daarop sê Jesus vir hom: 'Dit verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.' Nikodemus vra Hom toe: 'Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? Hy kan tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?' Jesus het geantwoord: 'Dit verseker Ek jou: 'As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: 'Julle moet opnuut gebore word nie.'"

Wanneer ons hierdie gedeelte in ag neem, is dit eerstens belangrik om waar te neem dat nêrens in dié konteks die doop eens genoem word nie. Die doop word later in hierdie hoofstuk genoem (Joh 3:22-30), maar dit is in 'n heeltemal anderse betekenis (Judea in plaas van Jerusalem) en op 'n ander tyd, vanuit die gesprek met Nikodemus. Dis nie te sê dat Nikodemus onbekend met die doop was nie, maar hy kon dit ken vanuit die Joodse praktyk om bekeerde Heidene te doop na Judaïsme of vanuit die Baptiste se bediening. Om egter doodeenvoudig hierdie verse in konteks te lees, sou geen rede wees om te veronderstel dat Jesus van die doop gepraat het nie, tensy 'n persoon met 'n vooropgestelde idee of teologie iets uit die gedeelte wou aflei. Om outomaties die doop uit hierdie vers af te lei, eenvoudig omdat "water" hier genoem word, is ongeregverdig.

Diegene wat daaraan vashou dat die doop vir verlossing nodig is, wys na die frase "uit water" as bewys. Soos iemand dit gestel het, "Jesus beskryf dit en vertel hom in eenvoudige taal hoe – deur uit water en die Gees gebore te word. Dit is 'n volmaakte beskrywing van die doop! Jesus kon nie 'n meer uitgebreide en akkurate verduideliking van die doop gee nie." Indien Jesus egter wou sê dat iemand gedoop moes wees om verlos te word, kon Hy maar net duidelik dit so gestel het, "Dit verseker Ek jou, as iemand nie gedoop en uit die Gees gebore is nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie." Verder, indien Jesus so 'n stelling sou maak, sou Hy talryke ander Bybelgedeeltes wat dit duidelik gemaak het dat verlossing deur geloof verkry word, weerspreek het (Joh 3:16; 3:36; Ef 2:8-9; Titus 3:5).

Ons moet ook nie uit die gesig verloor dat, die feit dat Jesus met Nikodemus gepraat het, die instelling van die Christelike doop toe nog nie in werking was nie. Die inkonsekwensie van die interpretering van die Skrif word raakgesien, indien iemand diegene vra wat glo dat die doop vir verlossing nodig is, waarom die dief aan die kruis nie nodig gehad het om gedoop te word vir verlossing nie. 'n Algemene antwoord op hierdie vraag is, "Die dief aan die kruis was nog onder die Ou Verbond en dus nie ondergeskik aan die doop nie. Hy is gered netsoos enigiemand anders onder die Ou Verbond." Dus, die hoofsaak is, dieselfde mense wat sê dat die dief nie nodig gehad het om gedoop te word nie, omdat hy "onder die Ou Verbond" was, sal Joh 3:5 gebruik as "bewys" dat die doop vir verlossing nodig is. Hulle hou vol dat Jesus Nikodemus vertel het dat hy gedoop moes word om gered te word, alhoewel hy ook nog onder die Ou Verbond was. Indien die dief aan die kruis gered is sonder die doop (omdat hy onder die Ou Verbond was), waarom sou Jesus aan Nikodemus (wat ook onder die Ou Verbond was), sê dat hy gedoop moes word?

Indien "gebore uit water en die Gees" nie na die doop verwys nie, wat beteken dit dan? Volgens oorlewering is daar twee interpretasies van hierdie frase. Die eerste is, dat om "uit water gebore" te wees, Jesus na die natuurlike geboorte verwys (met water as verwysing na die vrugwater wat die baba in die baarmoeder omring) en dat om uit die Gees gebore te wees, die geestelike geboorte aandui. Aangesien dit sekerlik 'n moontlike interpretasie van die term "uit water gebore" kan wees en dit gesien sou word om in te pas in die konteks van Nikodemus se vraag oor hoe 'n mens weer gebore kon word as hy reeds oud is, is nie die beste interpretasie wat aan die konteks van hierdie gedeelte gegee is nie. Na alles het Jesus nie gepraat oor die verskil tussen natuurlike geboorte en geestelike geboorte nie. Wat Hy gedoen het, was om aan Nikodemus sy behoefte om "opnuut gebore" te word, te verduidelik.

Die tweede algemene interpretasie van hierdie gedeelte en die een wat die hele konteks die beste pas, nie net met betrekking tot hierdie gedeelte nie, maar die Bybel as geheel, is die een wat die frase "gebore uit water en die Gees" as beide beskrywend van verskillende aspekte van dieselfde geestelike geboorte aandui, of wat dit beteken om "opnuut gebore" of "wedergebore" te word. Dus, toe Jesus Nikodemus vertel het dat hy "uit water en Gees" gebore moet word, het Hy nie letterlik na water verwys nie (dit is doping met die vrugwater in die baarmoeder nie), maar het verwys na die nodigheid vir geestelike reiniging of vernuwing. Regdeur die Ou Testament (Ps 51:2,7; Eseg 36:25) en die Nuwe Testament (Joh 13:10; 1 Kor 6:11; Heb 10:22), word water dikwels figuurlik gebruik as geestelike reiniging of vernuwing, voortgebring deur die Heilige Gees, deur die Woord van God, op die oomblik wanneer redding plaasvind (Ef 5:26; Titus 3:5).

Die "Barclay Daily Study Bible" beskryf hierdie konsep op hierdie wyse: "Daar is twee gedagtes hier. Water is die simbool van reiniging. Wanneer Jesus besit neem van ons lewens, as ons Hom met ons hele hart liefhet, is die sondes van die verlede vergewe en vergeet. Die Gees is die simbool van krag. Wanneer Jesus besit neem van ons lewens, is dit nie net slegs dat die verlede vergeet en vergewe is nie; indien dit al sou wees, sou ons moontlik voortgaan om dieselfde gemors van ons lewe weer te herhaal; maar daar kom 'n nuwe krag in die lewe in wat ons in staat stel om te wees wat ons nooit deur ons eie toedoen sou wees nie en om te doen wat ons nooit deur ons eie krag sou kon doen nie. Water en die Gees staan vir die reiniging en die versterkende krag van Christus, wat die verlede uitwis en oorwinning gee vir die toekoms."

Dus, die "water" wat in hierdie vers genoem word, is nie letterlik water nie, maar eerder die "lewende water" wat Jesus aan die vrou by die put in Joh 4:10 belowe het en aan die mense in Jerusalem in Joh 7:37-39. Dit is die innerlike reiniging en vernuwing wat deur die Heilige Gees geproduseer word en wat geestelike lewe voortbring aan 'n sondaar wat dood is (Eseg 36:25-27; Titus 3:5). Jesus bevestig hierdie waarheid in Joh 3:7 waar Hy bevestig dat iemand weergebore moet word en dat 'n nuwe lewe slegs deur die Heilige Gees verkry kan word (Joh 3:8).

Daar is verskeie redes waarom hierdie die korrekte interpretasie is van die frase "uit water en Gees gebore". Eerstens moet ons daarop let dat die Griekse woord "opnuut" twee moontlike betekenisse het. Die eerste een is "opnuut" en die tweede een is "from above". Nikodemus het klaarblyklik die eerste betekenis "opnuut" aanvaar en gevind dat daardie idee onverstaanbaar is. Dit is waarom hy nie kon verstaan hoe 'n ou man weer in die moederskoot kon ingaan en fisies weer gebore kon word nie. Daarom verduidelik Jesus dieselfde ding op 'n ander manier, sodat dit duidelik kon wees waarna Hy verwys het om "born from above" te wees. Met ander woorde, beide die uitdrukkings word op verskillende wyse gesê vir dieselfde ding.

Tweedens is dit belangrik om op te let dat dit lyk asof die Griekse grammatika in hierdie vers aandui dat om uit water gebore te wees en om uit die Gees gebore te wees, dieselfde betekenis het en nie twee nie. Dus word daar nie gepraat van twee aparte geboortes nie, soos Nikodemus verkeerdelik gedink het nie, maar van een geboorte en dit is die geestelike geboorte wat van God af kom en nodig is vir elkeen wat die Koninkryk van God wil sien. Hierdie behoefte vir iemand om "weergebore" te raak of om 'n geestelike geboorte te beleef, is so belangrik dat Jesus aan Nikodemus die belangrikheid daarvan op drie verskillende kere in hierdie Skrifgedeelte deurgee (Joh 3:3,5,7).

Derdens word water dikwels simbolies in die Bybel gebruik as verwysing na die werk van die Heilige Gees, om sodoende 'n gelowige te heilig, deurdat God die gelowige se hart of siel reinig en suiwer. Op baie plekke in beide die Ou en Nuwe Testamente word die werk van die Heilige Gees met water vergelyk (Jes 44:3; Joh 7:38-39).

Jesus berispe Nikodemus in Joh 3:10 deur aan hom te vra, "Jy is die bekende leermeester van Israel en jy verstaan dit nie?" Dit impliseer dat dit wat Jesus nou vertel het, Nikodemus veronderstel was om te weet en te verstaan vanuit die Ou Testament. Wat is dit wat Nikodemus moes weet? Dit is dat God in die Ou Testament belowe het dat daar 'n tyd sou kom waarvan Hy gespreek het, "Ek sal reinigingswater oor julle uitgooi sodat julle rein kan word. Ek sal julle reinig van al julle onreinheid en van al julle afgodery. Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee. Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle 'n hart van vleis gee. Ek sal My Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens My voorskrifte leef en My bepalings gehoorsaam en nakom" (Eseg 36:25-27). Jesus het Nikodemus berispe, omdat hy nagelaat het om een van die sleutelgedeeltes in die Ou Testament, wat na die Nuwe Verbond verwys het, te herroep en te verstaan (Jer 31:33). Nikodemus moes dit verwag het. Hoekom sou Jesus Nikodemus berispe omdat hy nie die doop verstaan het nie, deur in ag te neem dat die doop nêrens in die Ou Testament genoem word nie?

Aangesien hierdie vers nie leer dat die doop vir verlossing nodig is nie, moet ons versigtig wees om nie die belangrikheid van die doop te verwaarloos nie. Die doop is die teken of simbool vir wat plaasvind wanneer iemand weergebore word. Die doop se belangrikheid moenie afgemaak of as minderwaardig beskou word nie. Tog is dit so dat die doop ons nie red nie. Wat ons wel red, is die reinigingswerk van die Heilige Gees, wanneer ons weergebore word en deur Hom nuutgemaak word (Titus 3:5).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Leer Joh 3:5 dat die doop nodig is vir redding?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries