settings icon
share icon
Vraag

Gee Hand 2:28 lering dat die doop nodig is vir verlossing?

Antwoord


Hand 2:38, "Toe antwoord Petrus hulle: "Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus. Dan sal God julle sondes vergewe en sal julle die Heilige Gees as gawe ontvang." Soos met enige vers of gedeelte, onderskei ons die lering daarvan deur eers deur die Bybel te blaai en uit te vind wat dit aangaande die spesifieke onderwerp sê. In die geval van die doop en verlossing is die Bybel duidelik dat redding uit genade en deur geloof in Jesus Christus plaasvind, nie deur werke van enige aard nie, insluitend die doop (Ef 2:8-9). Dus, enige interpretasie wat tot die gevolgtrekking kom dat die doop of enige ander handeling benodig word vir verlossing, is 'n foutiewe interpretasie. Vir meer inligting, besoek asseblief ons webblad vir die volgende artikel: "Is verlossing deur geloof alleen of deur geloof plus werke?"

Hoekom is daar diegene wat tot die gevolgtrekking kom dat ons gedoop moet word, om sodoende gered te kan word? Dikwels is hierdie bespreking gesentreer rondom die Griekse word "eis" en dit word vertaal in hierdie gedeelte as "vir". Diegene wat vashou aan die geloof dat die doop nodig is vir redding, verwys vinnig na hierdie vers in Handelinge en die feit dat dit sê: "Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus. Dan sal God julle sondes vergewe…." (Lees asb die Engelse weergawe van die Bybel). Dit word dan aangeneem dat die woord "for" in die Engelse weergawe beteken "om te ontvang." Tog in beide Grieks en Engels is daar baie moontlike gebruike van die woord "for".

Kom ons kyk na 'n voorbeeld: As iemand sê "Drink twee aspirienpille vir jou hoofpyn," is dit mos duidelik dat dit nie beteken om die pille te drink om sodoende hoofpyn te kry nie, maar eerder omdat jy reeds 'n hoofpyn het. Daar is drie moontlike betekenisse van die woord "for" wat moontlik by Hand 2:38 inpas: Eerstens, "om te wees, te word, te hê, te hou, ens.,"tweedens, "as gevolg van, die resultaat van," of derdens, "in verband met." Aangesien enige drie betekenisse in die konteks kan inpas, is aanvullende studie nodig om vas te stel watter een korrek is.

Ons het nodig om terug te gaan na die oorspronklike taal en die betekenis van die Griekse word "eis". Dit is 'n algemene Griekse woord (in die Nuwe Testament word dit 1774 keer gebruik) en word op baie verskillende maniere gebruik. Dus sien ons weer ten minste twee of drie moontlike betekenisse van die gedeelte: een wat ondersteuning bied dat die doop benodig word vir redding en die ander nie. Aangesien beide die Griekse betekenisse van "eis" in verskillende gedeeltes van die Skrif gesien word, het Griekse geleerdes, A.T. Robertson en J.R, Mantey aanbeveel dat die Griekse "eis" in Hand 2:38 vertaal moet word as "as gevolg van" of "met die oog op" en nié "in order to" (om sodoende) of "for the purpose of" (met die doel om) nie.

Een voorbeeld van hoe hierdie voorsetsel in ander Skrifgedeeltes gebruik word, is in Matt 12:41, waar die word "eis" gebruik word as die "gevolg" van 'n handeling. In hierdie geval word gesê dat die mense van Nineve "hulle immers op die prediking van Jona bekeer" het (die woord "op" ('at') is as vertaal in Grieks dieselfde as "eis". Dit is duidelik dat die betekenis in hierdie gedeelte is dat hulle tot bekering gekom het "as gevolg van" of "as die resultaat van" Jona se prediking. Op dieselfde wyse sou dit moontlik kon wees dat Hand 2:38 inderdaad sê dat hulle gedoop moes word "as die resultaat van" of "omdat" hulle reeds geglo het en deur so te doen, het hulle reeds sondevergifnis ontvang (Joh 1:12; Joh 3:14-18; Joh 5:24; Joh 11:25-26; Hand 10:43; Hand 13:39; Hand 16:31; Hand 26:18; Rom 10:9; Ef 1:12-14). Hierdie interpretasie van die gedeelte is is ook in lyn met Petrus se boodskap, die volgende twee preke aan ongelowiges, waar hy die vergewing van sondes met die handeling van sondebelydenis en geloof in Christus verbind, sonder om eens die doop daar te noem (Hand 3:17-26; Hand 4:8-12).

As toevoeging tot Hand 2:38 is daar drie ander verse waar die Griekse woord "eis" gebruik is in verband met die woord "doop" of "doping": Matt 3:11, "Ek doop julle wel met water, omdat julle julle bekeer het." Dit is duidelik dat die Griekse woord "eis" nie hier kan beteken "met die doel om te verkry" nie. Hulle is nie gedoop " om sodoende vergifnis te ontvang" nie, maar is gedoop, omdat hulle bekeer was. Die tweede gedeelte is Rom 6:3, waar ons die frase "in (eis) Sy dood gedoop is nie" kry. Dit pas weer by die betekenis "as gevolg van" of "in verband met". Die derde en laaste gedeelte is 1 Kor 10:2 en die frase "is hulle almal in (eis) die wolk en in die see gedoop." Weereens kan "eis" nie beteken "met die doel om te verkry" nie, aangesien die Israeliete nie gedoop was om Moses as leier te kry nie, maar aangesien hy hul leier was en hulle uit Egipte gelei het. Indien ons eens is met die wyse waarop "eis" as voorsetsel in verband met die doop gebruik word, moet ons saamvat dat Hand 2:38 inderdaad verwys na die feit dat hul reeds gedoop was, "omdat" hulle reeds sondevergifnis ontvang het. Sommige ander verse waar die Griekse "eis" nie "met die doel om te verkry" beteken nie, is Matt 28:19; 1 Pet 3:21; Hand 19:3; 1 Kor 1:15; en 12:13.

Die grammatikale bewys rondom hierdie vers en die voorsetsel "eis" maak dit duidelik dat beide sienings van hierdie vers reg lees in die konteks en die lys van moontlike betekenisse van die gedeelte reg is. Die meerderheid van bewyse ten gunste daarvan dui dat die beste moontlike definisie van die woord "vir" (for) is: óf "as gevolg van" óf "in verband met" en nié "met die doel om te verkry" nie. Dus, Hand 2:38, indien korrek geïnterpreteer, gee nié lering dat die doop vir verlossing benodig word nie.

Behalwe bogenoemde, is daar 'n ander grammatikale aspek van hierdie vers om versigtig te benader – die verandering tussen die tweede en derde persone tussen die werkwoorde en voornaamwoorde in hierdie gedeelte. Byvoorbeeld, in Petrus se opdrag om tot bekering te kom en gedoop te word, is die Griekse werkwoord vertaal as "bekeer" en is in die tweede persoon meervoud, terwyl die werkwoord "om gedoop te word" in die derde persoon enkelvoud geskryf. As ons hierdie koppel aan die feit dat die voornaam "jou" in die frase "vergewing van jou sondes" ook tweede persoon meervoud is, dan sien ons 'n belangrike onderskeid wat gemaak word en ons help om hierdie gedeelte te verstaan. Die gevolg van hierdie verandering van tweede persoon meervoud tot derde persoon enkelvoud en terug sou dit wou voorkom asof die frase "vergewing van jou sondes" direk met die opdrag om te "bekeer" verband hou. Dus, wanneer jy die verandering in persoon en meervoudigheid in ag neem, wat jy dan hoofsaaklik het, is "Bekeer julle" (meervoud) en laat elkeen (enkelvoud) van julle gdoop word in die Naam van Jesus Christus. Dan sal God julle (meervoud) sondes vergewe en sal julle die Heilige Gees as gawe ontvang."

'n Ander fout wat gemaak is deur diegene wat glo dat Hand 2:38 leer dat die doop nodig is vir verlossing, is wat soms genoem word Negatiewe Afleidingsfout (Negative Inference Fallacy). Eenvoudig gestel, dit is die gedagte, dat net omdat die stelling waar is, ons nie kan veronderstel dat alle ontkennings of teensprake van daardie stelling waar is nie. Met ander woorde, net omdat Hand 2:38 sê "Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus. Dan sal God julle sondes vergewe en sal julle die Heilige Gees as gawe ontvang", beteken dit nie dat indien 'n persoon tot bekering kom en nie gedoop is nie, hy/sy nie vergewing van sondes of die gawe van die Heilige Gees sal ontvang nie.

Daar is 'n belangrike verskil tussen 'n voorwaarde van verlossing en 'n vereiste vir verlossing. Die Bybel is duidelik dat geloof beide 'n voorwaarde en 'n vereiste is, maar dieselfde kan nie van die doop gesê word nie. Die Bybel sê nie dat, indien 'n mens nie gedoop is, hy nie gered sal word nie. 'n Mens kan enige getal voorwaardes byvoeg tot geloof (wat nodig is vir redding) en die persoon kan steeds gered word. Byvoorbeeld, indien 'n persoon glo, gedoop is, kerk bywoon en vir die armes gee, sal hy gered word. Waar die fout in denke ontstaan, is indien iemand aan al hierdie ander voorwaardes voldoen, "die doop, kerkgang en gee aan die armes," dit nodig is vir iemand om steeds gered te word. Aangesien hierdie die bewys van verlossing mag wees, is dit nie 'n vereiste vir verlossing nie. (Vir 'n meer volledige verduideliking van hierdie foutiewe siening, sien asseblief die Vraag: "Leer Markus 16:16 dat die doop nodig is vir verlossing?")

Die feit dat die doop nie nodig is om vergifnis te ontvang en die gawe van die Heilige Gees nie, moet daar ook bewys wees deur eenvoudig 'n bietjie verder in die boek Handelinge te lees. In Hand 10:43 vertel Petrus vir Kornelius dat "elkeen wat in Hom glo, vergewing van sondes deur Sy Naam ontvang" (let asb. op dat niks tot nou toe genoem is oor "om gedoop te wees" nie, tog verbind Petrus die feit om in Christus te glo, met die handeling van die ontvangs van sondevergifnis). Die volgende ding wat gebeur, is duidelik deur Petrus se boodskap, om in Christus te glo, "het die Heilige Gees op almal gekom wat na die word geluister het" (Hand 10:44). Dit is slegs ná hulle geglo het en dus vergifnis van hul sondes ontvang het en die gawe van die Heilige Gees, dat Kornelius en sy huisgesin beide vergifnis van sondes en die Heilige Gees ontvang het, voordat hulle ooit gedoop was. Die rede egter waarom Petrus hulle toegelaat het om gedoop te word, was omdat hulle getuienis gelewer het, dat hulle die Heilige Gees ontvang het "net soos ons" (Joodse gelowiges en Petrus) ook ontvang het.

Ter afsluiting, Hand 2:38 leer nie dat die doop nodig is vir verlossing nie. Aangesien die doop belangrik is as die teken dat iemand deur geloof verlos is en as die publieke verklaring van iemand se geloof in Christus en as deel van 'n plaaslike liggaam van gelowiges, beteken dit nié sondevergifnis nie. Die Bybel is baie duidelik dat ons uit genade alleen en deur geloof in Christus alleenlik gered word (Joh 1:12; Joh 3:16; Hand 16:31; Rom 3:21-30; Rom 4:5; Rom 10:9-10; Ef 2:8-10; Fil 3:9; Gal 2:16).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Gee Hand 2:28 lering dat die doop nodig is vir verlossing?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries