settings icon
share icon
Vraag

Wat is doopherlewing? Is doopherlewing ‘n bybelse doktrine?

Antwoord


Doopherlewing is die geloof dat die doop nodig is vir verlossing of, meer spesifiek, dat herlewing nie gebeur voordat ‘n persoon die waterdoop ontvang het nie. Doopherlewing is ‘n leerstelling van menigte Christelike denominasies, maar word die kragtigste verkondig deur kerke in die “Restoration Movement,” veral die “Church of Christ” en die “International Church of Christ.”

Voorstanders van doopherlewing wys die volgende Skrifverse uit vir bybelse steun, soos Mark 16:16, Joh 3:5, Hand 2:38, Hand 22:16, Gal 3:27 en 1 Pet 3:21. Toegegee, volgens daardie verse lyk dit dat aangedui word dat die doop nodig is vir verlossing.Tog is daar bybelse en kontekstuele duidelike interpretasies van daardie verse wat nie herlewing deur die doop steun nie.

Voorstanders van doopherlewing het tipies ‘n 4-stapsgewyse formule van hoe verlossing ontvang word. Hulle glo dat ‘n persoon moet glo, berou hê, skuld erken en gedoop word om gered te word. Hulle glo dit so, omdat daar bybelse gedeeltes is, wat lyk asof dit aandui dat elkeen van hierdie handelinge nodig is vir verlossing. Bv., Rom 10:9-10 verbind verlossing met belydenis. Hand 2:38 verbind weer verlossing met berou en die doop.

Berou, volgens die Bybel, is nodig vir verlossing. Berou is ‘n verandering van hart. Berou, in verband met verlossing, is om jou hart te verander deur Christus te aanvaar, i.p.v. Hom te verwerp. Dit is nie ‘n aparte stap van reddende geloof nie. Dit is eerder ‘n essensiële aspek van reddende geloof. Iemand kan nie Jesus Christus as Verlosser aanvaar uit genade deur geloof, sonder ‘n hartsverandering van Wie Hy is en wat Hy gedoen het nie.

Belydenis volgens die Bybel, is n demonstrasie van geloof. Indien iemand Jesus Christus waarlik aangeneem het as Verlosser, deur te verkondig dat geloof vir ander ‘n resultaat sal wees. Indien jy jou skaam vir Christus en /of vir die boodskap van die evangelie, is dit hoogs onwaarskynlik dat so iemand die evangelie verstaan het of die verlossing ervaar het wat Christus voorsien.

Die doop volgens die Bybel , is ‘n identifikasie met Christus. Christelike doping illustreer ‘n gelowige se identifikasie met Christus se doop, begrafnis en opstanding (Rom 6:3-4). Soos met belydenis of skulderkenning, as iemand onwillig is om gedoop te word – onwillig om sy/haar lewe te identifiseer as gered deur Jesus Christus – is daardie persoon hoogs waarskynlik nog nie ‘n nuwe skepsel (2 kor 5:17) deur geloof in Jesus Christus nie.

Diegene wat stry vir doopherlewing en/of vir hierdie 4-stap-formule om verlossing te ontvang, sien nie hierdie aksies as verdienstelike werke wat verlossing verdien nie. Berou, belydenis,ens. maak nie ‘n mens waardig om verlossing te ontvang nie. Die amptelike siening is eerder dat geloof, berou, belydenis en die doop “werke van gehoorsaamheid” is: dinge wat jy moet doen, voordat God verlossing bring.Terwyl die standaard Protestant verstaan dat geloof die een ding is wat God vereis, voordat verlossing toegestaan word, is die aanhangers van die doopherlewing se oortuiging dat die doping – en vir ander, berou en belydenis – addisionele dinge is wat God vereis, voordat redding toegestaan word.

Die probleem met hierdie siening is dat daar gedeeltes in die Bybel is wat duidelik en eksplisiet verklaar dat geloof die enigste vereiste vir verlossing is. Joh 3:16, een van die bekendste verse in die Bybel, stel dit so, “God het die wêreld so liefgehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.” In Hand 16:30 vra die Filippynse tronkbewaarder vir die apostel Paulus, “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” As daar ooit ‘n geleentheid vir Paulus was om die 4-stap-formule aan te bied, was dit toe, maar sy antwoord was eenvoudig: “Glo in die Here Jesus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin” (Hand 16:30). Geen doop, geen belydenis, net geloof.

Daar is letterlik dosyne verse in die Nuwe Testament wat verlossing bring deur geloof/oortuiging, met geen ander vereiste in daardie konteks genoem nie. As die doop of enigiets anders nodig is vir verlossing, is al hierdie verse verkeerd en bevat die Bybel foute en is dit dan nie meer ons vertroue waardig nie.

‘n Uitmergelende studie van die Nuwe Testament aangaande verskeie vereistes rakende redding, is nie nodig nie. Om verlossing te ontvang, is nie ‘n proses of ‘n formule met vele stappe nodig nie. Verlossing is ‘n afgewerkte produk, nie ‘n resep nie. Wat moet ons doen om gered te word? Glo in die Here Jesus Christus en ons sal gered word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is doopherlewing? Is doopherlewing ‘n bybelse doktrine?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries