settings icon
share icon
Vraag

Is daar 'n doodsengel?

Antwoord


Die idee van 'n "doodsengel" is in verskeie godsdienste teenwoordig. Die "doodsengel" is bekend as Samael, Sariel of Azrael in Judaïsme; Malak Almawt in Islam; Yama of Yamaraj in Hindoeisme; en in populêre fiksie "the Grim Reaper." In verskeie mitologieë word die doodsengel uitgebeeld as enigiets van 'n gemantelde geraamtefiguur met 'n sekel tot 'n pragtige vrou tot 'n klein kindjie. Alhoewel die beskrywings verskil, is die kern-oortuiging dat een of ander wese na 'n persoon kom op die oomblik van sterwe, deur eintlik dood te veroorsaak of dit eenvoudig te observeer – met die doel om vir daardie persoon se siel na die dood 'n woonplek te voorsien.

Hierdie doodsengelkonsep word nie in die Bybel geleer nie. Nêrens leer die Bybel dat daar 'n spesifieke engel is wat oor die dood aangestel is of wat teenwoordig is as 'n persoon sterf nie. 2 Kon 19:35 beskryf 'n engel wat 185 000 Assiriërs, wat Israel ingeval het, laat sterf. Sommige sien ook Eksodus 12, die dood van die eersgeborenes van Egipte, as die werk van 'n engel. Alhoewel dit moontlik is, skryf die Bybel nêrens die die dood van die eersgeborene toe aan 'n engel nie. Wat ookal die storie is, alhoewel die Bybel engele beskryf wat dood veroorsaak in opdrag van die Here, leer die Skrif nêrens dat daar 'n spesifieke doodsengel is nie.

God en God alleen is soewerein oor die tye van die dood. Geen engel of demoon kan op enige manier ons dood veroorsaak, voordat God volgens Sy wil, die tyd wanneer dit sal plaasvind, besluit het nie. Na aanleiding van Rom 6:23 en Openbaring 20:11-15, is die dood 'n skeiding, skeiding van ons siel-gees van ons liggame (fisiese dood) en in die geval van gelowiges, ewige skeiding van God (ewige dood). Dood is iets wat gebeur. Dood is nie 'n engel, 'n demoon, 'n persoon, of enige ander wese nie. Engele kan dood veroorsaak en dalk kan hulle betrokke wees in wat met ons na die dood gebeur – maar daar is nie so iets soos die "doodsengel" nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is daar 'n doodsengel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries