settings icon
share icon
Vraag

Is die dood van die apostels in die Bybel aangeteken? Hoe het elk van die apostels gesterf?

Antwoord


Die enigste apostel wie se dood in die Bybel aangeteken is, is Jakobus s’n (Handelinge 12:2). Koning Herodes het Jakobus “met die swaard omgebring,” waarskynlik onthoofding. Die omstandighede van die dood van die ander apostels kom tot ons deur oorlewering, dus moet ons nie teveel waarde daaraan heg nie. Die algemeenste aanvaarde kerkoorlewering omtrent die dood van ‘n apostel, is dat Petrus onderstebo aan ‘n x-vormige kruis in Rome gesterf het in vervulling van Jesus se profesie (Johannes 21:18). Die volgende is die mees gewilde “oorleweringe” omtrent die dood van die ander apostels:

Mattheus het ‘n martelaar in Ethiopië geword, dood aan ‘n swaardwond. Johannes het martelaarskap in die gesig gestaar toe hy in ‘n groot pot met kokende olie gekook was tydens ‘n vlaag van vervolging in Rome. Hy is egter wonderbaarlik van die dood gered. Johannes was toe gevonnis tot arbeid in die myne op die eiland van Patmos. Hy het die profetiese boek Openbaring op Patmos geskryf. Johannes was later vrygelaat en het na wat vandag moderne Turkye is teruggekeer. Hy het as ‘n ou man gesterf, die enigste apostel wat vreedsaam gesterf het.

Jakobus, die broer van Jesus (amptelik nie ‘n apostel nie), was die leier van die kerk in Jerusalem. Hy was van die suid-oostelike toring van die tempel afgegooi (meer as honderd voet grond toe) toe hy geweier het om sy geloof in Christus te verloën. Toe hulle ontdek dat hy die val oorleef het, het sy vyande Jakobus met ‘n knopkierie dood geslaan. Dit is volgens oorlewering dieselfde toring op die dak van die tempel (Lukas 4:9) waarheen Satan vir Jesus geneem het toe hy Hom in die versoeking wou lei.

Bartholomeus, ook bekend as Nathaniël, was ‘n sendeling in Asië. Hy het getuig in wat vandag Turkye is en het ‘n martelaar geword vir sy prediking in Armenië, doodgeslaan met ‘n sweep. Andreas was in Griekeland gekruisig aan ‘n x-vormige kruis. Nadat hy erg deur sewe soldate met ‘n sweep geslaan was, het hulle sy liggaam met koord aan die kruis vasgebind om sy lyding te verleng. Sy volgelinge het gesê dat toe hy na die kruis gelei was, hy dit met die volgende woorde gesalueer het: “Ek het lank verlang en uitgesien na hierdie vreugdevolle oomblik. Die kruis was geheilig deur die liggaam van Christus wat daaraan gehang het.” Hy het voortgegaan om vir sy folteraars vir twee dae te preek totdat hy gesterf het. Die apostel Thomas was met ‘n spies gesteek in Indië tydens een van sy sendingreise om ‘n kerk daar te vestig. Matthias, die apostel wat in die verraaier Judas Iskariot se plek verkies was, was gestenig en toe onthoof. Paulus was gemartel en toe onthoof deur die bose keiser Nero in Rome in 67 nC. Daar is oorleweringe omtrent die ander apostels ook, maar sonder enige betroubare historiese of tradisionele bevestiging.

Dit is nie so belangrik hoe die apostels gestef het nie. Wat belangrik is, is die feit dat hulle almal gewillig was om vir hulle geloof te sterf. As Jesus nie uit die dood opgestaan het nie, sou die dissipels dit geweet het. Mense sal nie bereid wees om te sterf vir iets wat hulle weet nie waar is nie. Die feit dat die apostels gewillig was om wrede dode te sterf, geweier het om hulle geloof in Christus te verloën, is waaragtige bewys dat hulle werklik die opstanding van Christus gesien het.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is die dood van die apostels in die Bybel aangeteken? Hoe het elk van die apostels gesterf?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries