settings icon
share icon
Vraag

Wat is dogmatiese teologie?

Antwoord


Dogmatiese teologie kry sy naam vanaf die Griekse en Latynse woord “dogma” wat verwys na teologie en dit beteken eenvoudig “’n doktrine of liggaam van doktrines wat formeel en gesaghebbend ooreenkom.” Basies verwys dogmatiese teologie na die offisiёle of “dogmatiese” teologie, soos erken deur ‘n georganiseerde kerkliggaam, soos die Rooms Katolieke Kerk, Duits Gereformeerde Kerk, ens.

Aangesien die term dogmatiese teologie blykbaar vir die eerste keer in 1659 verskyn het in die titel van ‘n boek deur L. Reinhardt, het dit wyer versprei tydens die Hervorming en was ook gebruik om die geloofsartikels te ontwerp wat die kerk amptelik geformuleer het. ‘n Goeie voorbeeld van dogmatiese teologie is die doktrinale stellings of dogmas wat deur die vroeё Kerkliggame geformuleer was, wat probeer het om teologiese probleme op te los en standpunt in te neem teen dwaalleringe. Die geloofsbelydenisse of dogmas wat uit die Kerkliggame gekom het, was veronderstel om gesaghebbend en bindend te wees vir alle Christene, omdat die kerk dit amptelik bekragtig het. Een van die doelwitte van dogmatiese teologie is om ‘n kerkliggaam te formuleer en doktrine te kommunikeer wat beskou word as essensieel vir die Christendom en wat, as dit ontken word, dwaalleer sou uitmaak.

Dogmatiese teologie word soms verwar met sistematiese teologie en dié twee terme word soms afwisselend gebruik. Daar is egter tog belangrike verskille tussen die twee. Om die verskil tussen die twee te verstaan, is dit belangrik om daarop te let dat die term “dogma” nie slegs die stellings uit die Skrif beklemtoon nie, maar ook die kerklike gesaghebbende bevestiging van daardie stellings. Die fundamentele verskil tussen sistematiese en dogmatiese teologie is dat sistematiese teologie nie amptelike bekragtiging of goedkeuring deur ‘n kerk of kerklike liggaam vereis nie, terwyl dogmatiese teologie direk gekoppel is aan ‘n spesifieke kerkliggaam of denominasie. Dogmatiese teologie bespreek normaalweg dieselfde doktrines en gebruik dikwels dieselfde uitleg en struktuur as sistematiese teologie, maar doen dit vanuit ‘n spesifieke teologiese uitkyk, geaffilieerd met ‘n spesifieke denominasie of kerk.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is dogmatiese teologie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries