settings icon
share icon
Vraag

Wat sal ons in die hemel doen?

Antwoord


Jesus het in Lukas 23:43 verklaar, “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.” Die woord wat Jesus vir “paradys” gebruik het, is “paradeisos” en beteken ‘n park, dit is (spesifiek) ‘n Eden (plek van toekomstige geluk, paradys). “Paradeisos” is die Griekse woord, geneem vanuit Hebreeus, “pardes,” wat “’n park beteken:- woud, boord.” Jesus het gesê, “Vandag sal jy saam met My “en paradeisos,” wees, nie “en nephele” nie, wat die Grieks is vir “in die wolke.” Die punt is dat Jesus die woord vir “’n park” uitgesoek en gebruik het. Nie sommer enige park nie, maar “die paradys van God” of park van God (Openbaring 2:7), wat vir ons ‘n plek van toekomstige vreugde sal wees. Klink dit soos ‘n vervelige plek? As jy aan ‘n park of natuurtuin dink, dink jy aan verveeldheid?

Jesus het gesê,”Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien” (Matt 4:10). Dit is interessant om daarop te let dat Jesus nie gesê het “prys en dien” nie. Selfs die vlugtigste ondersoek na die woord “praise” in die Bybel, wys dat dit ‘n verbale ding is en is vir die grootste deel daarvan “om te sing.” Aanbidding, egter, is vanuit die hart. Aanbidding manifesteer in lofprysing. Om God te dien, is aanbidding en die Skrif is duidelik dat ons God in die hemel sal dien. “Sy dienaars sal Hom dien” (Openbaring 22:3).

Ons is nie in staat om God ten volle in hierdie lewe te dien nie, as gevolg van sonde, maar in die hemel “Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie” (Openbaring 22:3). Ons sal nie meer langer onder die vloek van sonde wees nie, dus alles wat ons sal doen, sal in die hemel aanbidding wees. Ons sal nooit gemotiveer wees deur enigiets anders as ons liefde vir God nie. Alles wat ons daar sal doen, sal uit ons liefde vir God wees, onbevlek deur ons sondige natuur.

Dus, wat sal ons in die hemel doen? Een ding is, ons sal leer. “Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad? (Rom 11:34), “en in Hom is al die verborge skatte van wysheid en kennis te vind” (Kol 2:3). God is “Hy wat hoog en verhewe is, Hy wat ewig leef” (Jes 57:15). God is groter as ewig en dit sal ewigheid neem “om te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek” (Ef 3:18-19). Met ander woorde, ons sal nooit ophou om te leer nie.

God se Woord sê dat ons nie alleen in Sy paradys sal wees nie, “eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken” (1 Kor 13:12). Dit lyk soos ‘n aanduiding dat ons nie net ons vriende en familie sal ken nie, ons sal hul “ten volle ken.” Daar is dus geen rede vir geheime in die hemel nie. Daar is niks om voor skaam te wees nie. Daar is niks om voor weg te kruip nie. Ons sal met die ewigheid interaksie hê “’n groot menigte ……wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam volk en taal” (Opebaring 7:9). Geen wonder dat die hemel ‘n plek van oneindige lering sal wees nie. Om net almal te leer ken, sal ‘n ewigheid neem!

Enige verdere voorstelling van wat ons in God se ewige hemel sal doen, sal by verre alles oortref as “die Koning vir dié aan Sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur My Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit..’” (Matt 25:34). Wat ons ookal sal doen, kan ons daarvan seker wees dat dit wonderbaarlik vér bokant ons verbeelding sal strek!

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sal ons in die hemel doen?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries