Vraag
Wat is die doel van die mens, volgens die Bybel?
Antwoord
Die Bybel maak dit oorvloediglik duidelik dat God die mens geskep het en hom tot Sy eer geskep het (Jes 43:7). Dus is die uitendelike doel van die mens, volgens die Bybel, eenvoudig om God te verheerlik.
“n Moeiliker vraag miskien om te beantwoord, is hoe lyk dit om God te verheerlik? In Ps 100:2-3 lees ons dat ons God moet aanbid met vreugde en “Erken dat die Here God is. Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is Sy volk, Sy eie kudde.” “n Deel van hoe dit lyk om God te veheerlik, is om te erken wie God is (ons Skepper, om mee te begin) en om Hom te loof en te aanbid as sulks.
Ons vervul ons doel om God te eer ook deur ons lewens te leef in verhouding en gelowige diens aan Hom (1 Sam 12;24; Joh 17:4). Aangesien God die mens na Sy beeld geskep het (Gen 1:26-27), kan die mens se doel nie sonder Hom vervul word nie. Koning Salomo het probeer lewe vir sy eie plesier, tog aan die einde van sy lewe het hy tot die slotsom geraak, dat die enigste verdienstelike lewe een van eer en gehoorsaamheid aan God is (Prediker 12:13-14).
In ons gevalle toestand, skei sonde ons van God en maak dit onmoontlik om Hom op ons eie te verheerlik. Maar deur Jesus Christus se offerande, is ons verhouding met God versoen – ons sonde is vergewe en skep nie langer ‘n skeiding tussen God en ons nie (Rom 3:23=34).
Dis interessant dat ons by magte is om God te verheerlik, omdat Hy ons eerste vereer het. Dawid skryf in Ps 8:5-7, “Wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? U het hom net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon, U laat hom heers oor die werk van U hande, U laat alles aan hom onderwerp.” (Dit word ook herhaal in Hebr 2:6-8). Hierdie vers openbaar ‘n ander doel wat God aan die mens gegee het: om oor die aarde te heers (Gen 1:28-29). Weer kan dit slegs behoorlik vervul word deur ‘n regte verhouding met God.
Hoe beter ons ons Skepper leer ken en hoe liewer ons vir Hom raak (Matt 22:37-38), hoe beter verstaan ons wie ons is en wat ons doel is. Ons is geskep om Hom te verheerlik. God het unieke planne en doelwitte vir elkeen (Ps 139:13-16, maar ons kan dit weet, hoe daardie planne ookal lyk, hulle sal uiteindelik uitspeel tot Sy verheerliking (Spreuke 3:6; 1 Kor 10:31).
English
Wat is die doel van die mens, volgens die Bybel?