settings icon
share icon
Vraag

Heilig die doel die middele?

Antwoord


Die antwoord na aanleiding van hierdie vraag hang af van wat die middele of doelwitte is en watter middele gebruik word om dit te bereik. Indien die doelwitte goed en edel is, en die middele wat ons gebruik om dit te bereik, ook goed en edel is, dan ja, heilig die doelwitte die middele. Dit is egter nie wat die meeste mense bedoel as hulle hierdie uitdrukking gebruik nie. Die meeste gebruik dit as 'n verskoning om hul doelwitte te bereik deur enige middele, maak nie saak hoe immoreel, onwettig of onaangenaam die middele is nie. Wat die uitdrukking gewoonlik beteken, is iets soos "Dit maak nie saak hoe mens dit regkry nie, solank as wat jy kry wat jy wil hê.

Die "doel heilig die middele" sluit gewoonlik iets verkeerds in wat gedoen word, om 'n positiewe doel te bereik en die verkeerde optrede goed te maak, deur te verwys na die goeie uitkoms. 'n Voorbeeld sou wees om 'n leuen te vertel om 'n goeie werk te kry en die leuen goed te maak, deur te sê die groter inkomste sal die leuenaar voorsien om beter vir sy familie te sorg. Ander kan die aborsie van 'n baba goed praat deur die redding van die ma se lewe. Om leuens te vertel en 'n onskuldige lewe te neem, is sedelik beide verkeerd, maar om vir jou familie te voorsien en die lewe van 'n vrou te spaar, is sedelik reg. Waar dan, trek 'n mens die streep?

Die doel/middele dilemma is 'n populêre scenario in etiese besprekings. Gewoonlik klink die vraag so: "As jy die wêreld kan red deur iemand dood te maak, sou jy dit doen?" Indien die antwoord "ja" is, dan regverdig 'n sedelike korrekte uitkoms die gebruik van immorele middele om dit te behaal. Daar is egter drie verskillende dinge om in so 'n situasie in ag te neem; die moraliteit van die optrede, die moraliteit van die uitkoms en die moraliteit van die persoon wat die handeling uitvoer. In hierdie situasie is die handeling (moord) duidelik immoreel en so ook die moordenaar. Om egter die wêreld te red, is 'n goeie en morele uitkoms. Of is dit? Watter soort wêreld word gered, as moordenaars toegelaat word om te besluit wanneer, en of moord geregverdig is en dan vry uitgaan? Of staar straf die moordenaar in die gesig vir sy oortreding in die wêeld wat hy gered het? En sou die wêreld wat gered is, geregverdig word deur die lewe te neem van die een wat hulle so pas gered het?

Vanuit 'n bybelse standpunt, natuurlik, wat by hierdie bespreking ontbreek, is die karakter van God, God se wet en die voorsiening van God. Aangesien ons weet dat God goed is, heilig, regverdig, barmhartig en vol geregtigheid, moet hulle wat Sy naam dra, Sy karakter weerspieël (1 Pet 1:15-16). Moord, leuentaal, diefstal en alle maniere van sondige gedrag is die uitdrukking van die mens se sondige natuur, nie God se natuur nie. Vir die Christen wie se natuur deur Christus verander is (2 Kor 5:17) is daar geen regverdiging van immorele gedrag nie, maak nie saak wat die motivering vir die uitkoms daarvan is nie. Vanaf hierdie heilige en volmaakte God kry ons 'n wet wat Sy karakter reflekteer (Ps 19:7; Rom 7:12). Die Tien Gebooie maak dit duidelik dat moord, egbreuk, diefstel,leuentaal en hebsug onaanvaarbaar is in God se oë en Hy maak geen "ontsnappings-klousule" as motivering of rasionalisasie nie. Let op dat Hy nie sê, "Moenie moord pleeg, tensy jy sodoende 'n lewe sal red nie." Dit word genoem "omstandigheidsetiek" en daar is geen ruimte daarvoor in God se wet nie. Dus is dit baie duidelik vanuit God se perspektief dat daar geen doel is om die middele te heilig, wat die middele regverdig deur Sy wet te verbreek nie.

Wat ook ontbreek in die doelwitte/middele bespreking is 'n verstaan van die voorsiening van God. God het nie net slegs die wêreld geskep nie, dit met mense bevolk en hulle toe gelos om op hul eie voort te ploeter, sonder enige voorsiening van Hom nie. God het eerder 'n plan en 'n doel gehad vir die mensdom, wat Hy deur die eeue vervul het. Elke besluit wat deur elke persoon in die geskiedenis geneem is, is op bonatuurlike wyse deur daardie plan ingepas. Hy verklaar hierdie waarheid onteenseglik: "Ek kondig vantevore aan wat later sal kom, lank tevore al wat nog nie gebeur het nie. Ek sê wat Ek besluit het en dit gebeur, wat Ek wil, doen Ek. Ek roep 'n roofvoël uit die ooste, uit 'n ver land roep ek 'n man wat my besluit sal uitvoer. Ek het dit gesê en Ek sal hom laat kom, Ek het dit beplan en Ek sal dit doen" (Jes 46:10-11). God is intiem betrokke in en het beheer oor Sy skepping. Verder sê Hy "dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens Sy besluit geroep is" (Rom 8:28). 'n Christen wat lieg in 'n onderhoud of 'n baba aborteer, sal God se wet verbreek en Sy vermoë ontken om vir 'n familie te voorsien en 'n moeder se lewe behou indien dit Sy doel is om so te doen.

Hulle wat nie vir God ken nie, kan geforseer word om hul middele te regverdig om die doel te bereik, maar hulle wat sê dat hul kinders van God is, het geen rede hoegenaamd om een van God se gebooie te verbreek nie, Sy soewereine doel te ontken nie of oneer ten opsigte van Sy Naam te bring nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Heilig die doel die middele?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries