settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel omtrent dinosourusse? Is daar enige verwysing na dinosourusse in die Bybel?

Antwoord


Die onderwerp van dinosourusse in die Bybel is deel van ‘n groter, aaneenlopende debat binne die geledere van die Christen gemeenskap omtrent die ouderdom van die aarde, die mees korrekte interpretasie van Genesis en hoe om die fisiese bewyse wat ons oral om ons heen vind, te interpreteer. Diegene wie voorstanders van ‘n sogenaamde ouer ouderdom vir die aarde is, is geneig om te glo dat die Bybel nie dinosourusse noem nie, aangesien volgens hulle paradigma, dinosourusse miljoene jare gelede uitgesterf het nog voordat die eerste man op die aarde geloop het. Die mense wie die Bybel geskryf het kon dus onmoontlik nie dinosourusse lewendig gesien het nie.

Diegene wie voorstanders van ‘n jonger ouderdom vir die aarde is, is geneig om te glo dat die Bybel wel dinosourusse noem, alhoewel dit feitlik nooit die woord “dinosourus” gebruik nie. In plaas daarvan, gebruik die Bybel die Hebreeuse woord tanniyn . Tanniyn word op ‘n paar verskillende wyses in ons Afrikaanse Bybels vertaal, somtyds is dit “seemonster”, somtyds is dit “slang”. Dit word mees dikwels vertaal as “draak”. Die tanniyn blyk ‘n soort van reuse reptiel te gewees het. Hierdie skepsels word ongeveer dertig keer in die Ou Testament genoem en word beide op land en in die water gevind.

Ter aanvulling van die feit dat hierdie reuse reptiele oor die algemeen omtrent dertig keer in die Ou Testament voorkom, beskyf die Bybel ‘n paar van hierdie wesens op sodanige wyse dat sommige studente glo dat die skrywers vermoedelik besig was om dinosourusse te beskryf. Behemoth was glo die magtigste van al God se skepsels, ‘n reus waarvan die stert met ‘n sederboom vergelyk word (Job 40:12ff). Sommige studente het al probeer om die Behemoth òf met ‘n olifant òf met ‘n seekoei te vergelyk. Ander wys weer daarop dat olifante en seekoeie baie dun sterte het, wat in werklikheid geensins met ‘n sederboom vergelyk kan word nie. Dinosourusse soos die Brachiosaurus en die Diplodocus aan die ander kant, het groot sterte gehad wat heel geredelik met ‘n sederboom vergelyk kon word.

Ongeveer elke antieke beskawing beskik oor die een of ander soort kuns wat reuse reptielagtige wesens uitbeeld. Petrogliewe, artefakte en selfs klein kleifiguurtjies wat in Noord-Amerika gevind word, stem ooreen met moderne uitbeeldings van dinosourusse. Rotstekeninge in Suid-Amerka beeld mans uit wat op Diplodocus- agtige skepsels ry en heel verstommend, die bekende gelaatstrekke van Triceratops-, Pterodactiel- en Tyrannosourus Rex- agtige skepsels dra. Romeinse mosaïek, Maja pottebakkerswerk en Babiloniese stadsmure getuig almal van die mens se transkulturele, geografies-ongebonde fassinasie met hierdie wesens. Sekere beskeie verslae soos dié van Marco Polo se Il Milione vermeng met fantasieverhale van monsters wat skatte opberg. Moderne dagverslae van sekere waarnemings hou egter vol dat hulle gewoonlik met oorweldigende skeptisisme bejeën word.

Ter aanvulling van hierdie substantiewe hoeveelheid antropologiese en historiese bewyse vir die naasbestaan van dinosourus en mens, is daar ook ander fisiese bewyse, soos die gefossileerde voetafdrukke van mense en dinosourusse wat saam gevind is in sekere plekke in Noord-Amerika en Wes-Sentraal Asië.

Is daar dus enige verwysing na dinosourusse in die Bybel? Die saak is nog lank nie opgelos nie. Dit hang alles af van hoe jy die beskikbare bewyse interpreteer en hoe jy die wêreld rondom jou beskou. Hier by GotQuestions.org, glo ons in die jong aarde interpretasie en aanvaar ons die siening dat mens en dinosourus eens op ‘n tyd saambestaan het. Ons glo dat dinosourusse êrens na die Vloed uitgesterf het vanweë ‘n kombinasie van dramatiese omgewingsverskuiwings asook te wyte aan die feit dat die mens hulle genadeloos gejag het tot op die punt van totale uitsterwing.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel omtrent dinosourusse? Is daar enige verwysing na dinosourusse in die Bybel?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries