settings icon
share icon
Vraag

Wat het die uitwissing van die dinosourus veroorsaak?

Antwoord


Die uitwissing van die dinosourus is ‘n raaisel wat die wetenskaplikes vir meer as ‘n eeu vasgevang gehou het. Ons vind die fossiel-oorblyfsels van reusereptiele oor die wêreld heen, tog sien ons geen een van hierdie skepsels meer lewendig nie. Wat het met hulle almal gebeur?

Die konvensionele paradigma sê dat hulle geheimsinnig verdwyn het, ongeveer 65 miljoen jare gelede. ‘n Verskeidenheid van verduidelikings was op die tafel gesit vir hul verdwyning. Die twee populêrste hipoteses is die “Impact Event Hypothesis” en die “Massive Volcanism Hypothesis.” Die eerste voorstelle was dat een of meer asteroides die aarde getref het en ‘n “kernfisiese winter” veroorsaak het, wat die dinosourusse uitgewis het. Die tweede blameer intense vulkanisme vir hul afsterwe. Beide maak melding van die hoë konsentrasie van iridium (Ir) wat begrawe gevind was in die sediment (afsaksel) wat die “Kreatuurlike periode” skei van die Paleogene (bekend as die K-Pg-grens; voorheen bekend as die K-T-grens), wat volgens die konvensionele paradigma, die periode was in die aarde se geskiedenis, waar- tydens die dinosourusse uitgewis is.

Beide hipotesisse neem sommige van die bewyse in ag, terwyl sommige dit ignoreer. Byvoorbeeld, indien beide hipotesisse korrek is en daar is 60+ miljoen jaar se gaping tussen die mens en die dinosourus, hoe verduidelik ons dan rotstekeninge en ander vorme van antieke kuns wat die mens se interaksie uitbeeld met sulke bekende dinosourusse as die “triceratops, stegosaurus, tyrannosaurus en die sauropods” (in sommige gevalle mak gemaak en daarop gery)? Meer nog, die fossiel-afdrukke van die dinosourusse is gevind in dieselfde rotslae as hoef-afdrukke en menslike voetspore. Hoe is ons veronderstel om dit te verduidelik binne-in die raamwerk van die konvensionele perspektief? En hoe is dit dat antieke kulture van elke bewoonde vasteland op die planeet interaksies met reusereptiele weergee? Hierdie kreature is algemeen nou aan ons bekend as “drake” en is kollektief verplaas na die mitologie.

Maar ons moet onsself afvra, hoe is dit moontlik dat so baie geïsoleerde kulture van oral oor die wêreld heen dieselfde mitologie so universeel met mekaar deel? Kon daar ‘n kern historiese waarheid ten opsigte van die legendes wees? Sou dit kon wees dat die reusereptiele wat begrawe gevind was in die vullis, iets met die voorgeslagte, eeue gelede, se reusereptiele te doen sou hê? Ons glo dat dit wel die geval is. Die pre-opweging van getuienis sê vir ons dat die konvensionele perspektief fundamenteel gefaal het. Dit wil voorkom asof die mensdom kollektiewe geheueverlies rakende hierdie kwessie het en ons het effektiewelik ‘n “wetenskaplike” paradigma gevorm om ons in die duister te hou.

Hoe lyk ons weergawe aangaande die uitwissing van die dinosourusse? Op dieselfde wyse as vir die uitwissing van die ander ongeveer 20,000 tot 2 miljoen spesies, wat wetenskaplikes glo oor die afgelope eeu alleen uitgewis is – ‘n kombinasie van klimaatsverandering en die vermenigvuldiging van die menslike spesies. Klimaatsverandering kan baie vernietigend wees teenoor ekosisteme in die algemeen en ons is geneig om al die belangrike kompetisie in besonder, uit te dryf of dood te maak. Dit is waarom ons nie te veel ander roofdiere – leeus, tiere en bere, ens. – in ons voorstede en stede het nie, of selfs in ons plattelandse gemeenskappe. Ons is heel bo in die voedselketting, om ‘n rede.

In Hollywood films soos “Jurassic Park” sien ons spesies soos tyrannosaurus rex en velociraptors wat ons jag en lewendig eet. Dis sonder twyfel, as die mens en die dinosourus saam bestaan het, sou dit deels so gebeur het, maar vir die grootste gedeelte, was die teenoorgestelde waar. Ons het hulle gejag en vir ‘n maaltyd gekook. In baie van die legendes en baie van die antieke kunswerke is dit presies wat ons vind – mense wat die reusereptiele jag en doodmaak. Leeus en tiere en bere was beter daaraan toe as die dinosourusse (derhalwe is hulle steeds met ons). Dit is omdat ons voorgeslagte spesifiek gefokus was op “slag die draak”!

Dus, wat het met die dinosourus gebeur? Dis voor die hand liggend dat dié wat die globale klimaatsverandering oorleef het, is deur ons geëet. Sommige mag steeds oorleef het in afgeleë dele van die wêreld, wat nog nie onder ons volledige oorheersing gekom het nie en daar is honderde sulke waarnemings jaarliks met hierdie effek – veral van inheemse, primitiewe groepe mense in afgeleë areas, wat spreek tot skeptiese Westerse wetenskaplikes (wat natuurlik nie die swartmense glo nie, as gevolg van hul eie verskanste, sogenaamde “wetenskaplike”- voorveronderstellings). Volgens ons siening is hierdie skeptisisme verkeerd. Die wetenskap sou die onpartydige ondersoek na bewyse sonder vooroordeel moes insluit, nie ‘n arbitrêre menslike poging om die gebrekkige teoretiese geskiedenisse van die aarde te stut nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat het die uitwissing van die dinosourus veroorsaak?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries