settings icon
share icon
Vraag

Wat is die vlees?

Antwoord


John Knox (ongeveer 1510-1572) was 'n Skotse prediker, 'n leier van die Protestantse Hervorming en 'n man wat beskou word as die stigter van die Presbiteriaanse denominasie in Skotland. Knox is bewonder deur kontemporêre teoloeë, as iemand wat 'n persoonlike ywer vir God en 'n verbintenis met die waarheid in die Skrif gehad het en 'n heilige lewe gely het. Tog, toe hy nader aan sy dood beweeg het, het hierdie heilige van God sy eie persoonlike geveg met die sondige natuur wat hy van Adam oorgeërf het, erken (Rom 5:12). Knox het gesê, "Ek weet hoe kwaai die geveg tussen die vlees en die gees is onder die swaar kruis van beproewing, as geen wêreldse verdediging opdaag en dit verniet is, en die teenswoordige dood verskyn. Ek ken die gekla van die vlees se murmurering en gekreun…."

Knox se stelling klink baie soos dié van die apostel Paulus, wat openlik erken het dat hy 'n persoonlike geveg met sy sondige natuur het: "Ons weet tog die wet is Geestelik, maar ek is aards en soos 'n slaaf aan die sonde verkoop. Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek. Dat ek nie wil doen wat ek doen nie, beteken dat ek toegee dat die wet goed is. Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. En as ek nou doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. So vind ek dan hierdie wet in my: ek wil die goeie doen, maar al wat ek doen, is die slegte. Diep in my wese vind ek vreugde in die wet van God, maar ek vind in my doen en late 'n ander wet, wat stryd voer teen die wet van my gees. Dit maak my 'n gevangene van die wet van die sonde wat in my doen en late aan die werk is. Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos?" (Rom 7:14-24).

Paulus stel dit in sy brief aan die Romeine dat daar iets was in die ledemate van sy liggaam wat hy "my vlees" noem, wat probleme voortbring in sy Christelike lewe en hom 'n gevangene van sonde maak. Martin Luther het kommentaar gelewer met betrekking tot die boek Romeine, op Paulus se gebruik van "vlees", deur te sê, "U moenie 'flesh' verstaan asof dit verband hou met onkuisheid nie, maar Paulus gebruik 'vlees' ten opsigte van die hele mens, liggaam en siel, verstand en al sy vermoëns ingesluit, omdat alles wat in hom is, verlang en strewe na die vlees." Luther se opmerkings wys dat "vlees" gelykstaan met gevoelens en begeertes wat strydig teenoor God staan, nie net in die area van seksuele aktiwiteit nie, maar in elke area van die lewe.

Om 'n deeglike begrip van die term "vlees" te kry, vereis 'n ondersoek na die gebruik en definisie daarvan in die Skrif, hoe dit manifesteer in die lewe van beide gelowiges en ongelowiges, die gevolge wat dit produseer en hoe dit uiteindelik oorkom kan word.

'n Definisie van die "Vlees"
Die Griekse word vir "vlees" in die Nuwe Testament is "sarx", 'n term wat dikwels in die Skrif verwys na die fisiese liggaam. Tog beskryf "A Greek-English Lexicon of the New Testament and Other Early Christian Literature" die word as volg: "the physical body as functioning entity; in Paul's thought esp., all parts of the body constitute a totality known as flesh, which is dominated by sin to such a degree that wherever flesh is, all forms of sin are likewise present and no good thing can live."

Die Bybel maak dit duidelik dat die mensdom nie op so 'n manier begin het nie. Die boek Genesis sê dat die mens was oorspronklik goed en volmaak geskep: "Toe het God gesê, 'Kom ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld'....God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep" (Gen 1:26-27). Aangesien God volmaak is en 'n gevolg altyd sy oorsaak verteenwoordig (dit is, 'n volmaakte goeie God kan slegs goeie dinge skep, of as Jesus gesê het, "'n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie" (Matt 7:18), beide Adam en Eva was goed en sonder sonde geskape. Maar, toe Adam en Eva gesondig het, was hul natuur korrup en daardie natuur is na hul nagesglag oorgedra: "Toe Adam 130 was, het hy die vader geword van 'n seun, sy beeld, een soos hyself. Adam het hom Set genoem" (Gen 5:3). Op baie plekke in die Skrif word daar geleer van die natuur van sonde, soos Dawid se verklaring, "Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het" (Ps 51:7). Dawid bedoel nie dat hy die produk van 'n onegte verhouding was nie, maar sy ouers het 'n sondige natuur oorgeplaas op hom. In teologie word dit soms genoem die "Traducian" ( vanuit Latyns en beteken "from a branch"): siening van die menslike natuur. Hierdie siening beteken dat 'n persoon se siel via sy ouers geskep is, en dat die kind hulle gevalle natuur oorerf in die proses.

Die Bybel se siening aangaande die menslike natuur verskil van die Griekse filosofie, waar die Skrif sê dat die fisiese en geestelike aard van die mensdom oorspronklik goed was. In kontras het filosowe soos Plato dualisme of tweeledigheid in die mensheid gesien. So 'n denkpatroon het eventueel 'n teorie meegebring dat die liggaam (die fisiese) sleg was, maar 'n persoon se gees goed was. Hierdie lering het groepe soos die Gnostikus wat geglo het dat die fisiese wêreld verkeerdelik geskep was deur 'n demi-god, genoem die "Demiurge." Die Gnostikus opponeer die doktrine van Christus se menswees, omdat hulle geglo het dat God nooit 'n fisiese vorm kon aanneem nie, aangesien die liggaam boos was. Die apostel Johannes het 'n vorm van hierdie lering raakgeloop en daarteen gewaarsku: "Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is. Hieraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het, het die Gees wat van God afkomstig is. En elkeen wat dit nie van Jesus bely nie, het nie die Gees wat van God afkomstig is nie" (1 Joh 4:1-3).

Verderaan, die Gnostikus het geleer dat dit nie saakmaak wat 'n persoon in sy liggaam gedoen het nie, aangesien dit slegs die gees was wat saakgemaak het. Hierdie Platoniese dualisme het dieselfde effek gehad in die eerste eeu as wat dit vandag het – dit lei óf tot asketisisme óf bandeloosheid, beide word deur die Bybel veroordeel (Kol 2:23; Judas 4).

Dus in kontras met die Griekse denkwyse, sê die Bybel dat die menslike natuur, beide fisies en geestelik, goed was, tog was beide nadelig deur sonde aangetas. Die eindresultaat van sonde is 'n natuur wat dikwels na verwys word as die "vlees" in die Skrif – iets wat God teenstaan en sondige bevrediging soek. Pastoor Mark Bubek definieer die vlees op hierdie wyse: "Die vlees is 'n ingeboude wet vir mislukking en maak dit onmoontlik vir gewone mense om God te dien of bly te maak. Dit is 'n kompulsiewe innerlike krag wat oorgeërf is van die val van die mens, wat dit self uitdruk in algemene en spesifieke rebellie teenoor God en Sy regverdigheid. Die vlees kan nooit hervorm of verbeter word nie. Die enigste hoop om van die vleeslike wet te ontsnap, is die totale uitwissing en vervanging daarvan deur 'n nuwe lewe in die Here Jesus Christus."

Die Manifestasie en Geveg met die Vlees
Hoe manifesteer die vlees homself in menslike wesens? Die Bybel antwoord die vraag so: "Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodediens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie" (Gal 5:19-21).

Voorbeelde van die vlees se uitwerking in die wêreld is voor die handliggend. Kom ons kyk na 'n paar tragiese feite in verband met pornografie in Amerika. Na aanleiding van die studie, elke sekonde in Amerika:

$3,075.64 word op pornografie gespandeer
28,258 Internetgebruikers kyk na pornografie
372 Internetgebruikers tik volwasse "search terms" in op soek-enjins
En elke 39 minute word 'n nuwe pornografiese video in Amerika gemaak. Sulke statisieke onderstreep die stelling wat deur die profeet Jeremia gemaak is: "Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?" (Jer 17:9).

Die Gevolge van die Vlees
Die Bybel sê dat om in die vlees te lewe talle ongelukkige gevolge produseer. Eerstens stel die Skrif dit so, dat hulle wat volgens die vlees lewe en wie nooit verandering begeer nie of van hul sondige gedrag wil afsien nie, sal skeiding van God ervaar, beide in hierdie lewe en die volgende:

Rom 6:21, "Wat was die vrug wat die dinge waaroor julle nou skaam kry, toe vir julle opgelewer het? Die uiteinde van dié dinge is die dood."

Rom 8:13, "As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees 'n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe."

Gal 6:7-8, "Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat 'n mens saai, dit sal hy ook oes. Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes."

Verderaan word iemand 'n slaaf aan sy/haar vleeslike natuur: "Julle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van dié een aan wie julle gehoorsaam is. As dit die sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe" (Rom 6:16). Hierdie slawerny lei altyd na 'n verwoestende lewenswyse en ontaarde lewe. Soos die profeet Hosea gesê het, "As mense wind saai, sal hulle 'n storm oes" (Hosea 8:7).

Die feit van die saak is, om die vlees te gehoorsaam, lei tot verbreking van God se morele wet. Desnieteenstaande, in die ware sin van die woord kan 'n persoon nooit God se morele wet breek nie, alhoewel hy sekerlik ongehoorsaam kan wees. Byvoorbeeld, iemand kan op 'n dak klim, 'n mantel om sy nek bind en afspring in die hoop om die wet van gravitasie te breek. Tog sal hy gou leer dat hy nie kan vlieg nie; hy kan nie die gravitasiewet breek nie en die enigste ding wat hy op die ou end kan breek, is homself. Dieselfde is waar in verband met morele aksies: iemand kan God se morele wet nie gehoorsaam deur vleeslike leefwyse nie, maar hy sal slegs die morele wet van God bewys, deur homself te breek op een of ander manier deur sy eie gedrag.

Om die Vlees te Oorwin
Die Bybel voorsien 'n proses van drie stappe om die vlees te oorwin en jouself in die regte verhouding met God te herstel. Die eerste stap is 'n tree van eerlikheid, waar 'n persoon sy sondige gedrag voor God erken. Dit sluit in wat die Bybel sê oor elkeen wat gebore is uit menslike ouers: mense is sondaars en kom in die wêeld in 'n gebroke verhouding met die God wat hulle gemaak het:

Ps 130:3, "As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here, wie sou dan nog bestaan?"

1 Joh 1:8,10, "As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is Sy Woord nie in ons nie."

Die volgende stap is 'n tree in die Gees, wat 'n uitroep na God vir verlossing insluit, asook die ontvang van die Heilige Gees wat 'n mens bemagtig om reg voor God te lewe en nie die vlees se begeertes te gehoorsaam nie. Hierdie transformasie en nuwe lewenswandel word op verskeie plekke in die Skrif beskryf:

Gal 2:19, "ek is saam met Christus gekruisig en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat Sy liefde vir my bewys het deur Sy lewe vir my af te lê."

Rom 6:11, "Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus."

Gal 5:16, "Wat ek bedoel, is dit: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie."

Gal 3:27, "want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, moet lewe soos mense wat aan Christus behoort."

Rom 13:14, "nee, julle moet lewe soos volgelinge van die Here Jesus Christus en nie voortdurend daarop uit wees om julle sondige begeertes te bevredig nie."

Ef 5:18, "Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul."

Ps 119:11, "Aan U beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U."

Die laaste stap is die pad na die dood, waar die vlees uitgehonger word deur sy begeertes, in so 'n mate dat dit uiteindelik doodgaan. Selfs al is iemand wedergebore deur die Gees van God, moet hy/sy verstaan dat hul steeds die ou natuur besit, met sy begeertes wat in oorlog gewikkel bly met die nuwe natuur en die begeertes wat van die Gees afkomstig is. Vanuit 'n praktiese oogpunt gesien, vermy die Christen doelbewus om die ou, vleeslike natuur te voed en beoefen eerder nuwe gedragspatrone wat deur die Gees aangedryf word:

1 Tim 6:11, "Maar jy, man van God, moet van hierdie dinge af wegvlug. Streef na opregtheid, toewyding aan God, geloof, liefde, volharding, minsaamheid."

2 Tim 2:22, "Vermy die begeertes wat 'n jongmens in gevaar bring…."

1 Kor 9:27, "Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie."

Kol 3:5, "Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodery is."

Gal 5:24, "Dié wat aan Jesus Christus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig."

Rom 6:6, "Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van sonde nie."

Ef 4:20-24, "Maar dit is nie hoe julle Christus leer ken het nie. Julle het tog van Hom gehoor en omdat julle Sy volgelinge is, is julle onderrig volgens die waarheid wat in Jesus is. Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig."

Gevolgtrekking
Susanna Wesley, moeder van die groot predikers en gesangskrywers, John en Charles Wesley, het sonde en die vlees op hierdie wyse beskryf: "Whatever weakens your reasoning, impairs the tenderness of your conscience, obscures your sense of God, or takes away your relish for spiritual things, in short – if anything increases the authority and the power of the flesh over the Spirit, that to you becomes sin however good it is in itself." Een van die doelwitte van die Christelike lewe is die oorwinning van die Gees oor die vlees en 'n verandering van lewe, wat in die regverdige lewe voor God manifesteer.

Alhoewel die stryd baie werklik sal wees (wat die Bybel duidelik stel), het Christene versekering van God dat Hy uiteindelik sukses oor die vlees sal behaal. "Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom" (Fil 1:6).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die vlees?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries