settings icon
share icon
Vraag

Hoe dikwels moet die Nagmaal gevier word?

Antwoord


Nêrens in die Bybel word vir ons voorgeskryf hoe dikwels ons die Nagmaal moet vier nie. 1 Kor 11:23-26 het die volgende instruksies vir Nagmaal aangeteken: “Ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het: Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem en nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: ‘Dit is my liggaam; dit is vir júlle. Gebruik dit tot My gedagtenis.’ Net so ook het Hy ná die maaltyd die beker geneem en gesê: ‘Hierdie beker is die nuwe verbond, wat deur my bloed beseël is. Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, tot My gedagtenis.’ Elke keer as julle van hierdie brood eet en uit die beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.” Hierdie gedeelte gee al die instruksies wat ons nodig het om die gebruik van Nagmaal uit te voer en om die belangrikheid te verstaan van wat ons besig is om te doen.

Die brood wat Jesus gebreek het verteenwoordig Sy liggaam wat aan die kruis vir ons gebreek was. Die beker verteenwoordig die bloed wat Hy gestort het vir my, deur ‘n verbond te beseël tussen Hom en ons. Elke keer as ons die Nagmaal gebruik, word ons herinner wat Hy vir ons gedoen het, maar ons “wys” dit ook aan almal wat na ons kyk en saam deel vorm daarvan. Nagmaal is ‘n kosbare beeld van wat aan die kruis gebeur het, wat dit beteken en hoe dit ons lewens as gelowiges beïnvloed.

Aangesien ons die Nagmaal vier om Christus se sterwe te onthou, moet ons dit heel dikwels doen. Sommige kerke het maandeliks ‘n Nagmaalsdiens; ander doen dit twee keer per maand; ander weekliks. Aangesien die Bybel nie vir ons spesifieke opdragte gee oor herhaling nie, is daar genoeg vryheid oor hoe dikwels ‘n kerk die Nagmaal moet bedien. Dit moet egter dikwels genoeg wees om ons fokus op Christus te vernuwe, sonder dat dit só dikwels moet wees dat dit ‘n roetine word. In elk geval, dit is nie die herhaling wat saak maak nie, maar die hart se ingesteldheid van hulle wat dit gebruik. Ons moet deelneem met eerbied, liefde en ‘n diepe gevoel van dankbaarheid teenoor die Here Jesus, wat gewillig was om vir ons aan die kruis te sterf en ons sondes op Hom te neem.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe dikwels moet die Nagmaal gevier word?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries