settings icon
share icon
Vraag

Wat is deurdringende gebed?

Antwoord


Sedert die 1990’s is daar ‘n verskerpte fokus op mistisisme binne verskeie segmente van die Christendom. Aangrensend aan die esoteriese, verbreed hierdie mistieke ervaringe die skeiding tussen ‘n “feitelike geloof” en ‘n “gevoelsgeloof” en dreig om ware bybelse lering te vervang met emosiegedrewe respons. Deurdringende gebed is een van so ‘n mistieke aktiwiteit. Dit word beskryf as om in God se teenwoordigheid te rus. Dit word verkry deur ‘n paar sagte, aanbiddingsliedere te speel, deur te sit of te lê en kort, eenvoudige gebede te bid vir ‘n uitgerekte periode, maar andersins moet jy jou denke bevry van enige ander gedagtes. Teen die tyd dat jy God se teenwoordigheid opmerk deur een of ander manifestasie soos ‘n tintelende gevoel op jou vel, ‘n sensasie van hitte of koue, of selfs ‘n ligte wind wat voel asof dit deur jou liggaam blaas, moet jy slegs “week” in daardie teenwoordigheid.

Alhoewel dit miskien snaaks klink vir sommige, kom dit nie dadelik oor as noodwendig sleg nie. Die reël is egter dat ons ons ervaringe in die lewe aan die Bybel moet toets (2 Tim 3:16-17) en as deurdringende gebed volgens dit deursoek word, vind ons dat dit bybelse steun benodig. Nêrens in die Bybel kan ‘n modelgebed gevind word, waar deurdringende gebed volg nie.

Gebed in die Bybel, in sy eenvoudigste vorm, roep die Naam van die Here aan (Gen 4:26), en in elke plek waar dit in die Skrif gevind word, is dit beskrywend dat daar met God gepraat word. Deurdringende gebed begin so, maar ontwikkel vinnig in ‘n geesvervoerende mediterende toestand. Dit is wanneer deurdringende gebed faal om bybels te wees en meer soos ‘n New Age praktyk te word of iets wat kleef aan Hindoeïsme.

Daar is geen ontkenning dat God se teenwoordigheid kragtig en lewemsveranderend kan wees nie. Dit is nie die doel van deurdringende gebed, wat volgens die Bybel verkeerd is nie; dit is die metode. Deurdringende gebed fokus op die verkryging van geestelike ervaring, deur die teenwoordigheid van God deur middel van mistieke oefeninge te soek. Hierin is dit eenders ten opsigte van “kontemplatiewe gebed” en kontemplatiewe geestelikheid, wat ewe onbybels is. Bybelse gebed is om met God te praat binne Sy wil (1 Joh 5:14). ‘n Bybelse biddende gelowige verstaan alreeds dat God se teenwoordigheid altyd by hom is (Ps 139:7; Matt 28:20; 1 Kor 6:19; 1 Tess 4:8; 2 Tim 1:14) en hy het nie nodig om enige tipe fisiese sensasie te kry, om dit te bewys nie.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is deurdringende gebed?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries