settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel omtrent depressie? Hoe kan ‘n Christen depressie baasraak?

Antwoord


Depressie is ‘n wydverspreide toestand wat miljoene mense affekteer, Christene sowel as ongelowiges. Die wat aan depressie ly ervaar intense gevoelens van droefheid, kwaadheid, hopeloosheid, afgematheid, en ‘n verskeidenheid ander simptome. Hulle mag begin om nutteloos te voel, selfmoord te oorweeg, gebrek aan belangstelling in dinge en mense waarvan hulle eens gehou het te verloor. Depressie word dikwels veroorsaak deur lewensomstandighede, soos om jou werk te verloor, die dood van ‘n geliefde, egskeiding, of sielkundige probleme soos mishandeling of ‘n lae selfbeeld.

Die Bybel vertel ons om gevul te wees met blydskap en lofprysing (Filippense 4:4; Romeine 15:11), so God het duidelik bedoel dat ons almal vreugdevolle lewens moet lei. Dit is nie maklik vir iemand wat aan omstandigheidsdepressie ly nie, maar dit kan genees word deur God se gawe van gebed, Bybelstudie en toepassing, ondersteuningsgroepe, gemeenskap met gelowiges, belydenis, vergifnis, en berading. Ons moet ‘n bewustelike poging aanwend om nie in onsself verdiep te word nie, maar om na buite te leef. Gevoelens van depressie kan dikwels oorkom word wanneer die depressielyer die fokus vanaf die eie ek na Christus en ander mense draai.

Kliniese depressie is ‘n fisiese ongesteldheid wat deur ‘n dokter gediagnoseer moet word. Dit word nie noodwendig deur ongelukkige lewensomstandighede veroorsaak nie, ook kan die simptome nie deur die lyer self verlig word nie. In teenstelling met wat sommige Christene glo, word kliniese depressie nie altyd deur sonde veroorsaak nie. Depressie word soms veroorsaak deur ‘n fisiese ongesteldheid wat met medikasie en/of berading behandel moet word. Natuurlik is God daartoe in staat om enige siekte of ongesteldheid te genees. Maar, om in sommige gevalle ‘n dokter te konsulteer vir depressie, verskil glad nie daarvan as om ‘n dokter vir ‘n besering te konsulteer nie.

Daar is ‘n paar dinge wat depressielyers kan doen om hulle angstigheid te verlig. Hulle moet seker maak dat hulle die Woord bly lees, al voel hulle nie daarna nie. Emosies kan ons op die verkeerde pad lei, maar God se Woord is standvastig en onveranderlik. Ons moet ‘n sterk geloof in God handhaaf en selfs stywer aan Hom vashou wanneer ons beproef en versoek word. Die Bybel vertel ons dat God nooit versoekings in ons lewens sal toelaat wat ons nie kan hanteer nie (1 Korinthiërs 10:13). Alhoewel depressie nie ‘n sonde is nie, is jy steeds verantwoordelik vir jou reaksie daarop, en dit sluit in die verkryging van professionele hulp. “Laat ons dan gedurig deur Hom (Jesus) aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat Sy Naam bely” (Hebreërs 13:15).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel omtrent depressie? Hoe kan ‘n Christen depressie baasraak?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries