settings icon
share icon
Vraag

Kan demone hulself verbind aan nie-lewende/lewelose voorwerpe?

Antwoord


Daar is geen Bybelse steun vir die siening dat demone hulself aan fisiese voorwerpe kan verbind nie. Hierdie siening is eintlik deel van bygelowige praktyke en okkultiese gelowe, gefundeerd op animistiese kulture en onder diegene wat die okkulte bedryf.

Sommige sê dat verse soos Hand 19:19, waar voormalige towenaars hul magiese boeke verbrand het, bewys dat voorwerpe demonies kan wees. Die gedeelte sê egter nie dit nie. Dit is meer in die sin van dat hierdie nuwe gelowiges dit gedoen het om te verhoed dat leuens sou versprei en om te wys dat hulle nou nuwe gelowiges in Jesus was.

In die Bybel is stories opgeteken van demone wat ongelowige mense beset of geteister het. Daar is egter geen stories oor demone wat in voorwerpe was of daaraan verbind was nie en die Bybel waarsku ons nie oor demone wat hulself aan voorwerpe verbind nie. Okkultiese praktyke kan bose geeste aantrek en aangesien sekere voorwerpe in daardie praktyke gebruik word, kan dit lyk asof die demone tot die voorwerpe aangetrek word; tog beteken dit nie dat die demone in die voorwerpe is nie. Dit is die okkultiese aktiwiteit wat hulle lok. Wanneer mense wat in die okkulte betrokke was, na Christus toe kom, is hulle dikwels aangeraai om van hul okkulteboeke en voorwerpe ontslae te raak, nie omdat die voorwerpe demone in hulle het nie, maar omdat die boeke en voorwerpe 'n bron vir toekomstige versoeking kon wees.

Gelowiges in Christus hoef nie vir demone bang te wees nie, alhoewel ons waaksaam en wakker vir hul versoekings moet wees (1 Pet 5:8). Die sleutel is onderwerping aan God en om in die waarheid van Christus daagliks te leef: "Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug" (Jak 4:7). Diegene wat hul geloof in Christus geplaas het, het niks om te vrees nie, soos die apostel Johannes verduidelik, "Julle behoort aan God, liewe kinders en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is" (1 Joh 4:4).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Kan demone hulself verbind aan nie-lewende/lewelose voorwerpe?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries