Vraag
Hoe kan demoniese vestings oorwin word?
Antwoord
Voordat demoniese vestings oorwin kan word, moet ons presies verstaan wat demoniese vestings is. Die woord “vestings” verskyn slegs een keer in die Nuwe Testament (2 Kor 10:4), en die Griekse woord vir “vesting” (stronghold) beteken “a fortification such as a castle.” In hierdie gedeelte leer Paulus, die apostel, vir die kerk in Korinte hoe om te veg teen en te vernietig “die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word” (2 Kor 10:5). Hulle doen dit, nie deur die wêreldse wapens te gebruik nie, maar deur “goddelike krag.” Trotse argumente en opinies is die resultaat van trotsheid en boosheid en ydele verbeeldings, die eintlike vestings waarin demone aangetref word. Hierdie, dan, is die essensie van demoniese oorlogvoering – die mag van God om die vestings van demone te oorwin.
In Ef 6:10-18, beskryf Paulus die bronne wat God beskikbaar stel aan Sy volgelinge – die wapenrusting van God. Hier word vir ons vertel hoe, in ‘n ingesteldheid van nederigheid en afhanklikheid, moet ons gebruik maak van God se bronne. Let daarop dat ons sterk moet staan “in die Here en in Sy groot mag.” Ons vat nie demoniese vestings in ons eie krag aan nie. Ons beskerm onsself met die eerste vyf defensiewe wapens en swaai die een offensiewe wapen – die swaard van die Gees wat die Woord van God is. Ons doen al hierdie dinge deur te bid “en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges” (vers 18). In verse12 en 13 van Ef 6 skryf Paulus, “Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose magte van hierdie sondige wêreld, teen die bose geeste in die lug. Trek daarom die wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan.”
Een gewoonte wat elke gelowige nodig het om te ontwikkel, is om op Ef 6:10-18 te fokus en elke dag “geestelik aangetrek” te wees. Dit sal ‘n lang pad wees om oorwinning oor die duiwel en sy streke te behaal. Hier stel Paulus dit so, dat terwyl ons in die vlees lewe (ons leef en haal asem in hierdie menslike liggaam), maak ons nie oorlog volgens die vlees nie (ons kan nie geestelike gevegte met vleeslike wapens veg nie). Maar as ons fokus op die bronne en wapens van geestelike krag, kan ons sien dat God vir ons oorwinning gee. Geen demoniese vesting kan bly staan as Christene bid, wat die volle wapenrusting van God dra, met die Woord van God veg en deur Sy Gees bemagtig word nie.
English
Hoe kan demoniese vestings oorwin word?