settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor demoniese oorheersing?

Antwoord


Daar is sterk Bybelse getuienis dat 'n Christen nie van die duiwel besete kan wees nie. Die vraag ontstaan dan watter invloed/mag 'n demoon oor 'n Christen kan hê. Baie Bybelse geleerdes beskryf demoniese invloed op 'n Christen as "demoniese oorheersing" om te onderskei van besetenheid.

Die Bybel sê dat die duiwel daarna soek om gelowiges te verslind (1 Pet 5:8) en Satan en sy demone loods "listige aanslae" op die Christene (Ef 6:11). Soos Satan Jesus versoek het (Luk 4:2), so versoek demoniese magte ons om te sondig en staan ons pogings teen om God te gehoorsaam. Moet 'n Christen die demone toelaat om in hierdie aanvalle te slaag? Demoniese oorheersing is wanneer 'n demoon tydelik triomfeer oor 'n Christen, suksesvol 'n Christen versoek om sonde te doen en sy vermoë om God te dien, met 'n sterk getuienis aan te val. Indien 'n Christen aanhou om demoniese oorheersing in sy/haar lewe toe te laat, kan die oorheersing tot op 'n punt gaan dat dit 'n baie sterk invloed oor die Christen se denke, optrede en geestelikheid kry. Christene wat aanhou toelaat dat hulle sondig, stel hulself oop vir groter en groter oorheersing. Sondebelydenis en berou oor sonde is nodig om die verhouding met God reg te stel en Hy kan dan die mag van die demoniese invloed breek. Die apostel Johannes bemoedig ons baie op hierdie gebied: "Ons weet dat iemand wat 'n kind van God is, nie meer sondig nie, maar die Seun van God bewaar hom en die duiwel kry geen houvas op hom nie (1 Joh 5:18).

Vir die Christen is die oorwinningskrag oor, en vryheid van demoniese oorheersing altyd beskikbaar. Johannes verklaar, "Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is" (1 Joh 4:4). Die krag van die inwonende Heilige Gees (Rom 8:9) is altyd beskikbaar om demoniese oorheersing te oorkom. Geen demoon, nie eers Satan self nie, kan 'n Christen daarvan weerhou om oor te gee aan die Heilige Gees en sodoende enige en alle demoniese oorheersing te oorwin. Petrus bemoedig gelowiges om die duiwel te weerstaan "Bly standvastig in die geloof" (1 Pet 5:9). Om standvastig en ferm in die geloof te wees, beteken om op die krag van die Heilige Gees te vertrou en die demoniese oorheersing suksesvol te oorwin.Geloof word opgebou deur die geestelike dissiplines: deur op die Woord van God te teer, aanhoudende gebed en godvresende gemeenskap. Deur ons geloof op hierdie manier te versterk, maak dit vir ons moontlik om die skild van geloof, waarmee ons "al die brandpyle van die Bose kan afweer" (Ef 6:16), suksesvol te gebruik.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor demoniese oorheersing?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries