settings icon
share icon
Vraag

Is daar nog vandag aktiwiteit van demoniese geeste in die wêreld?

Antwoord


Spoke, spokery, séance, tarot kaarte, Ouija borde, kristalballe – wat het dit in gemeen? Dit is aantreklik vir baie mense, aangesien dit lyk asof dit inligting gee oor 'n onbekende wêreld buite die grense van ons fisiese bestaan. Vir baie mense lyk hierdie dinge onskuldig en onskadelik.

Baie mense benader hierdie vakgebiede vanuit 'n nie-Bybelse perspektief en glo dat spoke die geeste van dooie mense is, wat, vir een of ander rede, nie na die "ander kant" toe oorgegaan het nie. Volgens diegene wat in spoke glo, is daar drie verskillende soorte spokery: (1) agtergeblewe spokery (soos 'n video wat terugspeel met geen werklike interaksie met enige geeste nie). (2) Spokery deur menslike geeste, wie se nature 'n kombinasie van goed en sleg is (maar nie boos). Sulke geeste mag eenvoudig probeer om 'n persoon se aandag te kry; ander mag dalk gekskeer, maar wat die geval mag wees, hulle doen nie werklik leed aan mense nie. (3) Interaksie met nie-menslike geeste of demone. Hierdie soorte kan voorkom asof dit menslike geeste is, maar is gevaarlik en skadelik.

As jy van spoke en spokery lees in nie-Bybelse bronne, onthou, dat, al sou die skrywer na die Bybel of Bybelse karakters verwys (soos Migael die aartsengel) , beteken dit nie dat hy die onderwerp vanuit 'n Bybelse perspektief benader nie. Indien daar geen outoriteit vir 'n skrywer se inligting gegee word nie, moet die leser homself afvra, "Hoe weet hy/sy dat dit so is? Wat is hy/sy se outoriteit?" Byvoorbeeld, hoe weet die skrywer dat demone hulself as menslike geeste voordoen? Hoogwaarskynlik doen hulle dit vanuit nie-Bybelse bronne en baseer hul begrip op hul eie gedagtes, die denke van ander en/of die ondervindinge van die verlede. Al baseer hulle dit op eie ondervinding dat demone misleidend kan wees en welwillend menslike geeste kan namaak, kan gebeure misleidend wees! Indien iemand hierdie onderwerp reg wil verstaan, moet hy na 'n bron gaan wat as 100% akkuraat bewys is met die loop van tyd – God se Woord, die Bybel. Kom ons kyk wat die Bybel oor sulke dinge sê.

Die Bybel praat nooit oor spokery nie. Dit leer eerder dat wanneer iemand sterf, die gees van daardie persoon na een van twee plekke gaan. Indien die persoon 'n gelowige in Jesus Christus is, sy gees in die teenwoordigheid van die Here na die hemel gelei word (Fil 1:21-23; 2 Kor 5:8). Later sal hy met sy liggaam by die opstanding verenig word (1 Tess 4:13-18). Indien die persoon nie 'n gelowige in Christus is nie, word sy gees in 'n plek van pyniging, die hel, geplaas (Luk 16:23-24).

Of 'n persoon 'n gelowige of 'n ongelowige is, daar is geen terugkeer na ons wêreld toe om met mense te kommunikeer of interaksie te hê nie, selfs vir die bedoeling om mense te waarsku om te vlug vir die oordeel wat kom nie (Luk 16:27-31). Daar is slegs 2 aangetekende insidente waar 'n dooie persoon met die lewendes kommunikeer. Die eerste is waar koning Saul van Israel geprobeer het om die gestorwe profeet Samuel d.m.v. 'n medium te kontak. God het toegelaat dat Samuel lank genoeg gehinder kon word om oordeel oor Saul uit te spreek vir sy aanhoudende ongehoorsaamheid (1 Sam 28:6-19). Die tweede insident is waar Moses en Elia met Jesus praat, in Matt 17:1-8, toe Hy verheerlik was. Daar was egter niks "spokerig" by die verskyning van Moses en Elia nie.

Tweedens praat die Skrif herhaaldelik oor engele wat onopsigtelik beweeg (Dan 10:1-21). Soms het hierdie engele interaksie met lewende mense. Bose geeste of demone kan werklik van mense besit neem, in hulle woon en hulle beheer (Mark 5:1-20). Die vier Evangelies en die Boek van Handelinge praat van verskeie gevalle van duiwelbesetenheid en van goeie engele wat verskyn aan gelowiges en hulle bystand verleen. Engele, beide goed en sleg, kan bonatuurlike fenomene veroorsaak om te gebeur (Job 1-2; Openbaring 7:1; 8:5; 15:1;16).

Derdens wys die Skrif dat demone dinge weet, waarvan mense nie bewus is nie (Hand 16:16-18; Luk 4:41). Aangesien hierdie bose engele vir 'n lang tyd al in die rondte is, weet hulle van nature dinge, wat hulle met beperkte lewensduur nie sou weet nie. Aangesien Satan tans toegang het tot God se teenwoordigheid (Job 1-2), kan demone toegelaat word om sekere spesifieke dinge aangaande die toekoms te weet, maar dit is 'n spekulasie.

Vierdens sê die Skrif dat Satan "leuentaal praat" en hy mense mislei (Joh 8:44; 2 Tess 2:9) en dat hy homself vermom as 'n "engel van die lig." Hulle wat hom volg, 'n mens of enigiets, is aandadig aan dieselfde misleiding (2 Kor 11:13-15).

Vyfdens het Satan en die demone groot krag (in vergelyking met mense). Selfs Migael die aartsengel vertrou net God se krag as hy met Satan handel (Judas 1:9). Satan se krag is egter niks in vergelyking met God s'n nie (Hand 19:11-12; Mark 5:1-20) en God is by magte om Satan se boosheid te gebruik met die bedoeling om Sy goeie planne te laat slaag (1 Kor 5:5; 2 Kor 12:7).

Sesdens vermaan God ons om niks met die okkulte te doen te hê nie, duiwelaanbidding of die onreine geesteswêreld. Dit sluit in die gebruik van mediums, séances, Ouija borde, horoskope, tarot kaarte, kanalisering, ens. God beskou hierdie praktyke as gruwels voor die Here (Deut 18:9-12; Jes 8:19-20; Gal 5:20; Openbaring 21:8) en die mense wat hulle daarmee besig hou, nooi chaos in hul lewens in (Hand 19:13-16).

In die sewende plek het die gelowiges in Efese 'n voorbeeld gestel deur met okkulte items handel te drywe (boeke, musiek, juwele, speletjies, ens.). Hulle het hul betrokkenheid daarmee as sonde bely en die goedere in die openbaar verbrand (Hand 19:17-19).

In die agste plek, om vrygemaak te word van Satan se mag, word verkry deur God se verlossing. Verlossing kom deur te glo in die Evangelie van Jesus Christus (Hand 19:18; 26:16-18). Om jouself los te wikkel van demoniese betrokkenheid sonder verlossing, is onmoontlik. Jesus het gewaarsku teen 'n hart wat leeg is en nie die teenwoordigheid van die Heilige Gees het nie: so 'n hart is maar net 'n leë woning wat gereed is dat demone van nog erger aard daar kan kom inwoon (Luk 11:24_26). Wanneer 'n persoon egter na Christus draai vir die vergewing van sondes, kom woon die Heilige Gees in sy/haar hart tot die dag van redding (Ef 4:30).

Party paranormale aktiwiteite is kenmerkend van die werk van kwaksalwers. Dit sou die beste wees om ander mededelinge van spoke en spokery te verstaan, as die werk van demone. Soms wend hierdie demone geen poging aan om hul natuur te weg te steek nie en ander kere gebruik hulle weer misleiding, deur te verskyn as liggaamlose menslike geeste. Sulke misleiding lei tot meer leuens en verwarring.

God sê dit is dwaas om die dooies om raad te vra aangaande die lewendes. Hy sê eerder, "maar moet 'n volk nie sy God raadpleeg nie? Terug na die wet en die getuienis van die Here!" (Jes 8:19-20). God se Woord is ons bron van wysheid. Gelowiges in Jesus Christus moet nie in die okkulte betrokke raak nie. Die geesteswêreld bestaan wel, maar Christene hoef dit nie te vrees nie (1 Joh 4:4).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Is daar nog vandag aktiwiteit van demoniese geeste in die wêreld?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries