settings icon
share icon
Vraag

Wat is wellus? Wat sê die Bybel oor wellus?

Antwoord


Die woordeboek-definisie van wellus is “1) intense of onbeheersde seksuele hunkering, of 2) ‘n oorweldigende begeerte of hunkering.” Die Bybel praat op verskeie plekke van wellus. Eks 20:14, 17, “Jy mag nie egbreuk pleeg nie....Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie ‘n slaaf of slavin, ‘n bees of ‘n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie,” of Matt 5:28, “Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na ‘n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.” En Job 31:11-12: “As ek so iets gedoen het, sou dit ‘n skande gewees het, ‘n misdaad vir regters om te straf. Dit sou ‘n vuur gewees het wat alles vernietig en al my besittings verteer.”

Wellus plaas sy fokus daarop om homself te plesier en dikwels lei dit tot ongesonde optredes om jou eie begeertes te vervul, ongeag die gevolge. Wellus gaan oor besit en hebsug. Die Christelike geloof gaan oor onselfsugtigheid en word gekenmerk deur heilig te lewe (Rom 6:19, 12:1-2; 1 Kor 1:2, 30, 6:19-20; Ef 1:4, 4:24; Kol 3:12; 1 Tess 4:3-8, 5:23; 2 Tim 1:9; Heb 12:14; 1 Pet 1:15-16). Die doelwit van elke persoon wat sy/haar geloof in Jesus Christus geplaas het, moet al meer en meer ,elke dag, soos Hy word. Dit beteken om die ou manier van lewe, waar sonde in beheer was, agter te laat en jou gedagtes en optredes te omvorm na die standaard wat die Skrif voorskryf. Wellus opponeer hierdie standaard.

Niemand sal ooit volmaak of sonder sonde wees, terwyl hy/sy steeds op aarde is nie, tog is dit steeds ‘n doel waarna ons moet strewe. Die Bybel maak ‘n sterk stelling in 1 Tess 4:7-8, “God het ons nie geroep om onsedelik te lewe nie, maar om heilig te lewe. Wie hierdie voorskrifte verwerp, verwerp dus nie maar net ‘n mens nie, hy verwerp God, wat ook Sy Heilige Gees aan julle gegee het.” As wellus nog nie jou hart en verstand vasgevang het nie, staal jouself vir ‘n lewe bo verdenking om die wellus se versoekinge te beveg.Indien jy tans sukkel met wellus, is dit tyd om berou te toon teenoor God en te vra vir Sy toetrede tot jou lewe, sodat heiligheid ook‘n kenmerk van jou lewe kan word.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is wellus? Wat sê die Bybel oor wellus?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries