settings icon
share icon
Vraag

Wat is die definisie van sonde?

Antwoord


Sonde word in die Bybel beskryf as die oortreding van God se wet (1 Johannes 3:4) en rebelsheid teenoor God (Deuteronomium 9:7; Josua 1:18). Sonde het ontstaan by Lucifer, heel moontlik die mooiste en kragtigste engel van al die engele. Hy was nie tevrede met sy posisie (taak of opdrag) nie en wou meer senior as God gewees het, hierdie het sy val teweeg gebring en was ook die begin van sonde (Jesaja 14:12-15). Hy is hernoem as Satan en het sonde na die mens gebring in die Tuin van Eden toe hy Adam en Eva verlei het met die woorde, “julle sal soos God wees”. Genesis 3 beskryf Adam en Eva se rebelsheid teenoor God en teen God se Wil. Sederd hierdie, is sonde van geslag tot geslag oorgedra en ons as Adam se nageslagte het dit ook geerf. Romeine 5:12 vertel ons dat sonde deur Adam die wereld ingekom het en daarmee het dood ook ingetree want, “die loon van sonde is die dood” (Romeine 6:23).

Deur Adam, is daar in die mens hierdie ingebore tendens om te sondig en daarom is mensdom van nature sondaars. Toe Adam gesondig het, het sy innerlike natuur verander deur sy aksie van rebelsheid teenoor God en dit het veroorsaak dat ons almal geestelik dood is, ‘n skeiding tussen God en mens. Ons is sondaars, nie deurdat ons sonde pleeg nie, maar liewers, ons pleeg sonde omdat ons sondaars is. Hierdie oorerflike verdorwenheid word geken as ingebore sonde. Net soos ons sekere fisiese karakteristieke van ons ouers erf, erf ons ook ons sondige natuur van Adam. Koning Dawid betreur hierdie eienskap van die mens se sondige natuur in Psalms 51:7, “Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger word”.

‘n Ander tiepe sonde is toegerekende sonde. Die Griekse woord “toegereken” was gebruik in beide finansiele en regs aspekte en was gebruik om iets wat aan iemand behoort aan iemand anders te gee (toetereken). Voordat die Wet van Moses daar was, was sonde nie toegereken aan mens nie, maar mense was nog steeds sondaars vanwee die oorerflike sonde. Na die Wet gegee was, was al die sonde wat die Wet verbreek het toegereken (Romeine 5:13). Maar ons moet onthou dat die loon van sonde die dood was omrede die oorerflike sonde (Adam) en dat dit nog steeds geldig was voor die oortreding van die Moses se Wet (Romeine 5:14) in getree het. Alle mense, van Adam tot Moses was aan die dood onderworpe, nie omdat hulle die Wet van Moses verbreek het nie (want hulle het dit nie toe gehad nie), maar wel vanwee hul oorerflike sondige natuur wat deur Adam en Eva ontstaan het. Na Moses is alle mense onderworpe aan die dood omrede beide die oorerflike sondige natuur en die oorskryding van God se wette.

God het die beginsel van toerekening gebruik tot mensdom se voordeel deurdat God, die mens se sonde aan Jesus Christus toegereken het toe Jesus die boete daarvoor betaal het aan die kruis betaal, Jesus se betaling van sondes was met Sy dood. Om ons sondes aan Jesus toetereken, het God Jesus gebruik asof Hy ‘n sondaar was, al was Hy nie, en het Jesus gesterf vir al die sonde van die hele wereld (1 Johannes 2:2). Dit is belangrik om te onthou dat ons sondes aan Jesus toegereken was al het Hy self geen sondes gehad nie, geen oorerflike of toegerekende sonde nie, Hy was perfek en sonder enige sonde. God het Jesus gebruik as boete betaling vir al die sondes wat in die wereld gepleeg was en nog sal gepleeg sal word. Met hierdie boete betaling het God die regverdigheid van Jesus ook aan ons beskikbaar gestel en ons kan dus ook in regverdigheid lewe en daardeur met God versoen word (2 Korintiërs 5:21).

‘n Derde tiepe van sonde is persoonlike sonde, daardie sonde wat ons daagliks pleeg. Omrede ons ‘n sondige natuur van Adam geerf het pleeg ons sonde, persoonlike sonde, dit kan klein sonde wees wat eintlik onskuldig blyk te wees (klein onwaarhede) tot en met ernstige sondes soos moord. Die mense wat nie hulle geloof in Jesus Christus plaas nie, moet self vir hulle persoonlike sondes, asook hulle oorerflike en toegeskryfte sondes, betaal. Gelowiges word gevrywaar van die boete van sondes – wat hel en geestelike dood is – want ons het die krag om hierdie sondes te weerstaan. Nou kan ons kies of ons persoonlike sonde wil pleeg of om dit te weerstaan deur die hulp van die Heilige Gees wat binne ons is. Die Heilige Gees maak ons heilig en bewus van sonde (Romeine 8:8-11). Wanneer ons, ons sondes bely en vir God vra om ons te vergewe, word ons herstel tot ‘n perfekte verhouding en deelname met Hom, “Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig. Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid’ (1 Johannes 1:9).

Ons is drie maal veroordeel vanwee ons oorerflike, toegeskryfte en persoonlike sondes. Die enigste regverdige boete vir hierdie sondes is die dood (Romeine 6:23), nie net fisiese dood nie, maar ewige dood (Openbaring 20:11-15). Ons kan dankbaar wees dat al drie hierdie sondes saam met Jesus gekruisig was en ons kan nou deur geloof in Jesus Christus as die Verlosser weet dat, “deur die bloed van Sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God” (Effesiërs 1:7).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is die definisie van sonde?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries