settings icon
share icon
Vraag

Wat is heiligmaking? Wat is die definisie van Christelike heiligmaking?

Antwoord


Jesus het baie te sê in Joh 17 oor heiligmaking. In vers 16 sê die Here, "Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie" en dit is vóór Sy versoek: "Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid." Heiligmaking is 'n toestand van afsondering aan God; alle gelowiges gaan in hierdie afsonderingstaat, as hulle deur God weergebore raak: "Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing" (1 Kor 1:30). Dit is 'n eens en vir altyd afsondering, ewig , aan God. Dit is 'n ingewikkelde deel van ons verlossing, ons verbondenheid met Christus (Heb 10:10).

Heiligmaking verwys ook na die praktiese belewenis van hierdie afsondering aan God, die uitwerking van gehoorsaamheid aan die woord van God in iemand se lewe en word ernstig deur die gelowige nagevolg (1 Pet 1:15; Heb 12:14). Net soos die Here in Joh 17 gebid het, het heiligmaking die visie van afsondering van gelowiges vir die doel waarvoor hulle in die wêreld gestuur is: "Soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur; en ter wile van hulle, wy Ek My aan U toe, sodat hulle ook deur die waarheid aan U toegewy kan wees" (verse 18,19). Dat Hy Homself afgesonder het vir die doel waarvoor Hy gestuur was, is beide die basis en die toestand van ons afsondering , waarvoor ons gestuur is (Joh 10:36). Sy heiligmaking is die patroon en krag vir ons s'n. Die sending en die heiligmaking is onafskeidbaar. Dis om hierdie rede dat gelowiges "heiliges" genoem word: "hagioi" in Grieks: "geheiligdes". Voorheen het hul gedrag getuig van "afskeiding van God", geposisioneer in die wêreld, maar nou getuig hul optrede van "posisionering voor God" afgesonder van die wêreld.

Daar is nog een betekenis wat die woord "heiligmaking" dra in die Skrif. Paulus bid in 1 Tess 5:23, "Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!." Paulus skryf ook in Kolossense van "die hoop wat vir julle in die hemel bewaar word en waarvan julle reeds gehoor het toe die waarheid, die evangelie, aan julle verkondig is" (Kol 1:5). Later praat hy van Christus self as "julle hoop op die heerlikheid" (Kol 1:27) en dan noem hy ook,"Wanneer Christus,wat julle lewe is, by Sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in Sy heerlikheid deel" (Kol 3:4). Hierdie verheerlikte toestand sal ons hoogste afsondering van sonde wees, ten volle geheilig in elke opsig. "Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God. Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees.Ons sal Hom sien soos Hy werklik is" (1 Joh 3:2).

Om saam te vat: heiligmaking is sinoniem met heiligheid en die Griekse word vir beide beteken "'n afsondering", eerstens 'n eens en vir altyd posisionele afsondering aan Christus met ons redding; tweedens, 'n praktiese progressiewe heiligheid in 'n gelowige se lewe, terwyl in afwagting vir Christus se wederkoms en laastens 'n afsondering vir ewig van sonde, wanneer ons in die hemel kom.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is heiligmaking? Wat is die definisie van Christelike heiligmaking?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries