settings icon
share icon
Vraag

Mag Christenvroue grimering en juwele dra?

Antwoord


1 Sam 16:7b verklaar, “Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.” 1 Tim 2:9-10 sê, “Van die vroue wil ek hê dat hulle ook in hulle kleredrag waardig, beskeie en ingetoë moet wees. Hulle versiering moenie haarkapsels en goud of pêrels of duur klere wees nie, maar goeie werke, soos dit vroue betaam wat openlik bely dat hulle God dien.” Paulus het nie vroue verbied om juwele, grimering of gevlegte hare te dra nie – hy het eerder gesê dat hulle uiterlike voorkoms nie belangriker as hul innerlike skoonheid moet wees nie.

Petrus herinner ons aan hierdie geestelike feit: “Julle skoonheid moet nie bestaan in uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en sierlike klere nie. Nee, julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde” (1 Pet 3:3-5). Daar is niks verkeerd met juwele, grimering of gevlegte hare nie, solank as dit op ‘n gepaste manier gedra word. ‘n Vrou moenie só op haar uiterlike voorkoms fokus dat sy haar innerlike voorkoms verwaarloos nie. Die Bybel fokus op die hart. Indien ‘n vrou té veel tyd of geld aan haar voorkoms spandeer, ontstaan die probleem dat haar prioriteite verkeerd is. Duur juwele en kleredrag is die gevolg van die probleem, nie die probleem opsigself nie. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Mag Christenvroue grimering en juwele dra?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries