settings icon
share icon
Vraag

Moet Christene probeer om ateïste te evangeliseer?

Antwoord


As Christene wat God se liefde ken en die sekerheid van 'n ewigheid in die hemel het, is dit moeilik om te verstaan dat iemand 'n ateïs wil wees. As ons egter die sondige natuur besef en die sterk invloed daarvan op die verstand en die hart, begin ons verstaan waar dit vandaan kom. Volgens die Bybel is daar nie iets soos 'n ateïs nie. Ps 19:1-2 vertel ons dat die hemele die lof van God besing. Ons sien Sy skeppingsmag in alles wat Hy gemaak het. Rom 1:19-20 gaan voort deur te sê dat wat ons van God weet, word eenvoudig aan ons bekend gemaak deur die skepping en enigeen wat dit ontken, "onderdruk die waarheid deur hulle ongeregtigheid" (vers 18). Ps 14:1 en 53:1 verklaar dat hulle wat God se bestaan ontken, dwaas is. Dus is die ateïs óf 'n leuenaar óf hy is 'n dwaas óf beide. Wat is dit dus wat veroorsaak dat iemand God misken?

Die hoofdoel van hierdie mense onder die invloed van die sondige natuur, is om homself god te maak en volkome beheer oor sy lewe te hê, of so dink hy. Dan kom godsdiens saam met verpligtinge, veroordeling en beperkings, aangesien ateïste voorgee om hul eie betekenis en moraliteit te definieer. Hulle wil nie hulself aan God onderwerp nie, want hul harte is in "vyandskap met God" en hulle het geen begeerte om aan Sy Wet onderwerp te wees nie. Hulle is egter onbevoeg om dit so te doen, omdat hul sonde hulle verblind vir die waarheid (Rom 8:6-7). Dit is waarom ateïste meestal kla en argumenteer nie oor die tekste wat Skriftuurlik bewys is nie, maar oor die "moets en moenies." Hul natuurlike rebelsheid verafsku die gebooie van God. Hulle haat eenvoudig die gedagte dat enigiets – of Enigeen – beheer oor hulle sal hê. Wat hulle nie besef nie, is dat Satan self hulle beheer, hulle bind en hul siele gereedmaak vir die hel.

In terme van evangelisering van ateïste, moet ons nie die evangelie van iemand weghou, net omdat hy of sy 'n ateïs is nie. Moenie vergeet dat 'n ateïs net so verlore is soos 'n Moslem, Hindoe of Boeddhis nie. God verwag sekerlik van ons om die evangelie te versprei (Matt 28:19) en om die waarhede van Sy Woord te verdedig (Rom 1:16). Verder is ons nie verplig om ons tyd te mors om te poog om die onwilliges te oortuig nie. Ons word gewaarsku in Matt 7:6 om nie onnodige pogings te loots op hulle wat duidelik nie geïnteresseerd is in enige opregte gesprekke nie. Jesus het die dissipels gestuur om te gaan en die Woord te verkondig, maar Hy het nie van hulle verwag om enige plek te bly, totdat elke laaste persoon bekeer was nie (Matt 10:14).

Miskien is die beste taktiek om elke persoon die voordeel van die twyfel te gee, ten minste die eerste keer. Elke vraag wat opreg en in waarheid beantwoord is, gee daardie persoon 'n kans om die evangelie te hoor. Indien so iemand net argumenteer, vyandig optree of net nie luister nie, is dit moontlik tyd om iewers anders te gaan. Sommige mense is totaal en absoluut verhard teenoor die Evangelie (Spreuke 29:1). Hulle is dalk rasioneel of irrasioneel, maar daar is skriftuurlike redes om te glo dat sommige mense die wilsbesluit maak om immuun te wees teenoor die invloed van die Heilige Gees (Gen 6:3). Indien ons 'n goeie geloofspoging aangewend het om met iemand te praat en hy of sy onbereikbaar is, dan is ons beveel om die stof van ons voete af te skud (Luk 9:5) en ons tyd te spandeer aan hulle wat meer geestelike openlikheid toon. Soos in alles is die wysheid van God uiters belangrik. God het daardie wysheid aan ons belowe, sou ons daarvoor vra (Jak 1:5) en ons moet daarvoor bid en God se aansporing vertrou om te weet hoe en wanneer om die dialoog te eindig, met 'n vyandiggesinde ateïs.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Moet Christene probeer om ateïste te evangeliseer?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries