settings icon
share icon
Vraag

Hoe kan ek vreugde in my Christelike lewe ervaar?

Antwoord


Vreugde is iets waarna ons almal verlang, maar soms lyk dit so moeilik om te beleef. Om vreugde te beleef, behoort deel van elke Christen se lewe te wees. Vreugde is die vrug van die Heilige Gees en word net verkry deur God se werking in ons.

Ons weet dat selfs die mees volwasse Christene vreugdelose tye beleef. Job het gewens dat hy nooit gebore was nie (Job 3:11). Dawid het gebid dat hy weggeneem word na ‘n plek waar hy nooit met die realiteit te doen sou kry nie (Ps 55:6-8). Elia het, nadat hy die 450 Baäl profete verslaan het met die vuur van die hemel af (1 Kon 18:16-46) in die woestyn gevlug en God gevra om sy lewe te neem (1 Kon 19:3-5). Dus, hoe kan ons vreugde ervaar in ons Christelike lewe?

Die eerste ding om te besef, is dat vreugde nie dieselfde as geluk is nie. Geluk is iets vir die oomblik en van verbygaande aard. Vreugde is ‘n hartstoestand. Die stamwoord vir “joy” in die Grieks is “chara”, wat weer verband hou met die Griekse “charis” vir “grace”. Vreugde is ‘n gawe van God, so wel as ‘n antwoord op die gawes van God. Vreugde kom wanneer ons bewus word van God se genade en Sy guns.

Met hierdie in gedagte, word dit duidelik dat een manier om vreugde te beleef, is om op God te fokus. Eerder as om op ons eie probleme af te kyk en op die dinge wat ons vreugde van ons steel, kan ons op God fokus. Dit beteken nie ons moet ons ontevredenheid ontken of enige negatiewe emosies nie, soos die Psalmis dit menige kere stel: ons kan ons harte voor God uitstort. Ons kan alles aan Hom vertel wat ons pla, maar dan gee ons dit aan Hom oor en onthou wie Hy is. Ps 3,13.18.43 en 103 is goeie voorbeelde daarvan.

Die boek van Filippense praat baie oor vreugde, alhoewel Paulus die brief in die tronk geskryf het. Filippense 4:4-8 gee riglyne vir die belewing van vreugde in die Christelike lewe: “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!.... Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. Verder, broers alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.” Hier sien ons die belangrikheid om God te prys, om te onthou dat Hy naby is, om te bid oor ons bekommernisse en om ons gedagtes op die goeie dinge van God gefokus te hou. Ons kan vreugde ervaar, as ons Hom aanhoudend prys. Dawid skryf dat, deur die Woord van God te bestudeer, vir ons vreugde kan bring (Ps 19:8). Ons beleef vreugde deur met God te praat deur middel van gebed en deur op goddelike dinge te fokus, eerder as op moeilike omstandighede of ontevredenheid.

In Johannes 15 het Jesus ook ‘n paar opdragte in verband met vreugde gegee. Hy het gepraat van Hom te gehoorsaam en in Hom te bly. Hy het gesê, “ Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in My liefde bly. As julle My opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in Sy liefde bly. Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees” (Joh 15:9-11). Een van die sleutels tot vreugde is om in gehoorsaamheid aan God te lewe.

‘n Ander manier om vreugde te beleef in die Christelike lewe, is deur middel van gemeenskap met ander. God het aan Elia rus gegee en toe ‘n man, Elisa, gestuur om hom te help (1 Kon 19:19-21). Ons het ook vriende nodig, sodat ons ons seer en pyn kan deel (Pred 4:9-12). Hebr 10:19-25 sê, “Broers, Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.” As gevolg van God se genade kan ons met vertroue tot Hom nader in gebed (Hebr 10:19). Ons weet dat ons van ons sonde gereinig is (Hebr 10:22). Ons is gekoppel aan ‘n nuwe gemeenskap, ‘n familie van gelowiges. Saam met ons mede-gelowiges hou ons styf vas aan ons geloof en vertrou op die karakter van God. Ons bemoedig ook mekaar. Christene behoort nie aan hierdie wêreld nie (Joh 17:14-16; Fil 3:20). Ons verlang om by God te wees, om finaal herstel te wees, soos ons oorspronklik geskep is. Die lewe kan eensaam en vol probleme wees, maar ander mense kan ons herinner aan die waarheid, ons laste help dra en ons versterk om aan te hou (Gal 6:10; Kol 3:12-14).

Vreugde is bedoel om ‘n handelsmerk van die Christen se lewe te wees. Dit is ‘n vrug van die Heilige Gees en ‘n gawe van God. Ons kry die maklikste hierdie gawe as ons op die waarheid fokus, wie God is, deur gebed gemeenskap met Hom het en steun op die gemeenskap van gelowiges wat Hy voorsien het. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe kan ek vreugde in my Christelike lewe ervaar?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries