settings icon
share icon
Vraag

Kan ‘n Christen vervloek word? Sal God ‘n vloek op ‘n gelowige toelaat?

Antwoord


Die Bybel sê, “Soos voëltjies wat verbyvlieg en nie gaan sit nie, so gaan ‘n vervloeking by jou verby as jy dit nie verdien nie” (Spreuke 26:2). Dit beteken dat dwase vloeke het geen effek nie. God laat nie toe dat Sy kinders vervloek word nie. God is soewerein. Niemand het die mag om iemand te vervloek wat God besluit het om te seên nie. God is die enigste Een wat kan straf.

“Toordery” word in die Bybel altyd as negatief beskryf. Deut 18:10-11 praat van diegene wat bande het met hulle wat ander dade pleeg wat “’n afsku”vir die Here is, soos: kinders offer, besweerders, heksery, waarsêery of swartkuns (die dooies raadpleeg). Miga 5:12 sê dat God heksery en toordery sal vernietig. Openbaring 18 beskryf toordery as deel van die misleiding wat deur die antichris en sy “groot stad Babilon” (v 21-24) gebruik sal word. Alhoewel die misleidings in die eindtye so erg sal wees dat selfs die gelowiges mislei kan word, indien God ons nie beskerm nie (Matt 24:24), sal God die Satan, die antichris en al hul volgelinge totaal vernietig (Open 19-20).

Die Christen is weergebore as ‘n nuwe persoon in Jesus Christus (2 Kor 5:17) en ons is gedurig in die teenwoordigheid van die Heilige Gees wat in ons woon en onder wie se beskerming ons lewe (Rom 8:11). Ons hoef nie bang te wees vir enige soort heidense toordery of heksery nie. Voodoo, heksery, hekse en vloeke kom van Satan en het geen houvas op ons nie. Ons weet dat “Hy (Christus) wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is” (1 Joh 4:4). God het hom oorwin en ons is vrygemaak om God te dien, sonder om bang te wees (Joh 8:36). “Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?” (Ps 27:1).

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Kan ‘n Christen vervloek word? Sal God ‘n vloek op ‘n gelowige toelaat?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries