settings icon
share icon
Vraag

Wat is Christelike meditasie?

Antwoord


Ps 19:15 stel dit so, “Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser.” Wat is Christelike meditasie dan en hoe behoort Christene te mediteer? Ongelukkig dra die word “meditasie” ‘n ietwat mistieke konnotasie. Vir sommige beteken dit om die gedagtes te suiwer deur in ‘n spesifieke posisie te sit. Vir ander is dit om met die spirituele wêreld rondom ons te praat. Konsepte soos hierdie karakteriseer sekerlik nie Christelike meditasie nie.

Christelike meditasie het niks te doen met Oosterse mistieke praktyke as fondasie nie. Sulke praktyke sluit lectio divina, transendentale meditasie en baie vorme van peinsende gebed in. Hierdie meditasies het ‘n gevaarlike uitgangspunt om “God se stem te hoor”, nie deur Sy Woord nie, maar deur persoonlike openbarings deur meditasie. Sommige kerke is vol van mense wat dink dat hulle “woord van die Here” hoor, soms weerspreek die een die ander en dit veroorsaak eindelose verdeling in die liggaam van Christus. Christene mag nie die Woord van God, wat deur God geïnspireer is “en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk” (2 Tim 3:16,17) te minag nie. Indien die Bybel genoegsaam is om ons deeglik toe te rus vir elke goeie werk, hoe kan ons dink dat ons nog ‘n mistieke belewenis in plaas daarvan moet kry of selfs nog iets daarby moet toevoeg?

Christelike meditasie is alleenlik op die Woord van God geskoei en wat oor Hom geopenbaar word. Dawid het gevind dat dit so is en hy beskryf die mens in Ps 1:2 so, “Dit gaan goed met die mens…..wat in die word van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.” Opregte Christelike meditasie is ‘n aktiewe gedagte-proses waarby ons onsself betrek om die Woord te bestudeer, daaroor te bid en God te vra om ons deur die Gees te help om te verstaan, wat ook beloof het om ons in “die hele waarheid” te lei (Joh 16:13). Dan maak ons hierdie waarheid deel van ons deur ons te hou aan die Skrif as lewensreël en dit gedurende ons daaglikse aktiwiteite te oefen. Dit lei tot geestelike groei en ons raak volwasse Christene in die dinge van God, soos ons deur die Heilige Gees geleer word. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Christelike meditasie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries