settings icon
share icon
Vraag

Wat sê die Bybel oor wettiesheid?

Antwoord


Die woord wettiesheid verskyn nie in die Bybel nie. Christene gebruik hierdie term om ‘n dogmatiese posisie te omskryf, wat die klem plaas op ‘n sisteem van reëls en regulasies, wat veronderstel is om beide verlossing en geestelike groei te bereik. So ‘n wettiese persoon glo in en hou streng vas aan reëls en regulasies. Volgens die doktrine staan dit hoofsaaklik teenoor genade geposisioneer. Sulke mense misluk dikwels daarin om die werklike doel van die wet, spesifiek die doel van die Ou Testamentiese wet van Moses, wat vir ons iets is soos ons ”onderwyser” of “voog” om ons by Christus uit te bring (Gal 3:24).

Selfs ware gelowiges kan wetties wees. Daar word van ons verwag om eerder genadig teenoor mekaar te wees: “Aanvaar die een wat in die geloof swak is, sonder om met hom te stry as sy opvatting van joune verskil” (Rom 14:1). Ongelukkig is daar diegene wat so sterk voel oor onbelangrike leerstellinge dat hulle ander eerder sal verstoot, as dat hulle ‘n ander siening sal toelaat. Dit is ook wettiesheid. Baie wettiese gelowiges maak vandag die fout om ongekwalifiseerde toevoegings tot hul eie Bybelse interpretasies te maak en selfs tot hul eie tradisies. Daar is byvoorbeeld diegene wat voel, dat om geestelik te wees, tabak, alkoholiese drank, dans, flieks, ensovoorts vermy moet word. Die waarheid is dat om hierdie dinge te vermy, geen waarborg van geestelikheid is nie.

Paulus waarsku ons in Kol 2:20-23 teen wettiesheid: “Julle het saam met Christus gesterwe en is dus dood vir die wettiese godsdienstige reëls van hierdie wêreld. Waarom gehoorsaam julle allerhande voorskrifte soos: ‘Hieraan mag jy nie vat nie!’ ‘Daaraan mag jy jou mond nie sit nie!’ ‘Daaraan mag jy nie raak nie!’ ? Dit gaan alles oor dinge wat bedoel is om gebruik te word en te vergaan en dit is maar net gebooie en leerstellings van mense. Hierdie leerstellings het wel ‘n skyn van wysheid met hulle selfgemaakte godsdiens, danige nederigheid en streng beheersing van die liggaam, maar dit het geen waarde vir die beteueling van die sondige drifte nie.” Wettiese mense mag regverdig en geestelik lyk, maar wettiesheid misluk daarin om God se doelwitte te behaal, omdat dit ‘n uiterlike optrede is, in plaas van ‘n innerlike verandering.

Om te voorkom om in hierdie vangstrik te beland, kan ons begin, deur vas te hou aan die woorde van die apostel Johannes, “ God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom” (Joh 1:17) en om te onthou om genade te betoon, veral teenoor ons broers en susters in Christus. “Wie is jy om oor iemand anders se bediende te oordeel? Sy eie werkgewer sal oordeel of hy goed doen of nie. Maar hy sal goed doen; daarvoor sal die Here sorg (Rom 14:4). “Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn (Rom 14:10).

Hier is ‘n woord van versigtigheid nodig. Terwyl ons nodig het om genadig te wees en verdraagsaam teenoor mekaar, indien ons van opinie verskil, kan ons nie dwaalleer duld nie. Ons moet veg vir die geloof wat aan die heiliges vir ewig en altyd toevertrou is (Judas 3). As ons hierdie aanwysings onthou en dit in liefde en genade toepas, sal ons vry wees van beide wettiesheid en dwaalleer. “Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld” (1 Joh 4:1). English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat sê die Bybel oor wettiesheid?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries