Hoe moet 'n Christen sosialisme beskou?


Vraag: "Hoe moet 'n Christen sosialisme beskou?"

Antwoord:
Sosialisme is 'n gemeenskaplike stelsel waarin eiendom, natuurlike bronne en die wyses om te produseer deur die staat besit en beheer word, eerder as deur individue of privaat maatskappye. 'n Basiese oortuiging van sosialisme is dat die hele gemeenskap moet deel in alles wat geproduseer word; elkeen lewe in samewerking met mekaar. Verskeie teorieë oor sosialisme het al na vore gekom vanuit die antieke tye, insluitende 'n vorm van Christelike sosialsme.

Die mees prominente filosoof wat ten gunste van sosialisme geargumenteer het, was Karl Marx, wat geleer het dat die dryfkrag agter alles in die mens se geskiedenis, ekonomie is. Marx is gebore uit Duitse, Joodse ouers in 1818 en het sy doktoraal op 23 jaar ontvang. Daarna het hy op 'n sending gegaan om te bewys dat die menslike identiteit deur 'n persoon se werk beperk word en dat ekonomiese stelsels 'n persoon in totaal beheer.Deur te argumenteer dat die mens deur arbeid oorleef, het Marx geglo dat menslike gemeenskappe geskep word deur die verdeling van arbeid.

Marx het die Industriële Rewolusie gesien as die basiese leefstyl van die mens, omdat, hulle wat vryelik vir hulself gewerk het, nou deur die ekonomie geforseer word om in fabrieke te werk. Dit was Marx se gedagte en hy het gevoel dat dit hul waardigheid en identiteit weggeneem het en nou was hulle gedegradeer tot slawe, beheer deur 'n sterk leermeester. Hierdie perspektief het die ekonomieë van kapitalisme die natuurlike vyand van Marx se handelsmerk vir sosialisme gemaak.

Sosialisme wil wegdoen met private eiendom. Karl Marx het vermoed dat kapitalisme privaat eiendom beklemtoon het en dus, besitreg verminder het tot die bevoorregte groepie. Twee aparte "gemeenskappe" het in Marx se gedagte ontstaan: die besigheidsmense of die bourgeoisie; en die werkersklas of die gepeupel. Volgens Marx gebruik en benut die bourgeoisie die proletariaat, met die gevolg dat die een persoon se bate 'n ander se verlies is. Ook het Marx geglo dat die besigheidsmense die wetgewers beïnvloed om seker te maak dat hul belange hoër as die werkers se verlies aan eerbaarheid en regte verdedig word. Laastens het Marx gevoel dat religie die "opium vir die massas" was, wat die rykes gebruik het om die werkersklas te manipuleer; die proletariaat word eendag in die hemel beloon, indien hulle ywerig werk waar God hulle geplaas het (onderdanig aan die bourgeoisie).

In die sosialisme het Marx in die vooruitsig gestel dat die mense kollektiewelik alles besit en almal werk vir die algemene welsyn van die mensdom. Marx se doelwit was om die eienaarskap van private eiendom deur die staat se besitreg van alle soorte ekonomiese produksie te beëindig. Eers as private eiendom tot niet gegaan het, het Marx gevoel dat 'n persoon se identiteit verhoog sou wees en die muur wat kapitalisme veronderstel was om op te rig tussen die eienaars en die werkersklas, vernietig sou wees. Elkeen sou mekaar waardig wees en saam werk vir 'n gedeelde doel. Die regering sou nie meer nodig wees nie, want mense sou minder selfsugtig wees.

Daar is ten minste vier foute in Marx se denke en dit openbaar 'n paar foute in sosialisme. Eerstens, sy opvatting dat iemand anders voordeel moet trek tot nadeel van 'n ander se uitgawe, is 'n mite; die struktuur van kapitalisme laat baie ruimte vir almal om hul lewenstandaard te verhoog deur innovasie en kompetisie. Dit is volkome uitvoerbaar vir veelvuldige partye om deel te neem en goed te doen in 'n verbruikersmark wat hul produkte en dienste benodig.

Tweedens was Marx verkeerd in sy sosialistiese oortuiging dat die waarde van 'n produk gebaseer is op die hoeveelheid arbeid wat daarin bestee is. Die kwaliteit van 'n produk of diens kan eenvoudig nie bepaal word deur die hoeveelheid inspanning wat 'n arbeider ingesit het nie. Byvoorbeeld, 'n meester-skrynwerker kan vinniger en 'n mooier meubelstuk maak, as 'n onopgeleide persoon en dus sal sy werk baie meer gewaardeer word (en ook reg so) in 'n ekonomiese stelsel soos kapitalisme.

Derdens: Marx se teorie oor 'n regering wat vrygemaak is van korrupsie en die moontlikheid van 'n elite-stand binne sy geledere. Indien die geskiedenis enigiets gewys het, is dit dat mag die gevalle mensdom besmet en absolute mag besmet volkome. Mense raak nie van nature minder selfsugtig nie. 'n Nasie of regering mag die idee oor God vernietig, maar iemand sal God se plek in daardie regering inneem. Daardie iemand is meestal 'n individu of groep om oor die populasie te regeer en te soek om hul bevoorregte posisie ten alle koste te behou. Dit is hoekom sosialisme so dikwels in die wêreld se geskiedenis gelei het tot diktatorskap.

Vierdens en die belangrikste, is dat sosialisme verkeerd is in sy lering dat 'n persoon se identiteit deur die werk wat hy doen, beperk word. Alhoewel die sekulêre samelewing sekerlik hierdie oortuiging voorstaan, sê die Bybel dat almal gelyke waarde het, omdat almal na die beeld van die ewige God geskep is. Egte, intrinsieke menslike waarde lê in God se skepping van ons as mense.

Was Marx reg toe hy beweer het dat ekonomieë die katalisator is wat die mensdom se geskiedenis aandryf? Nee, wat die mensdom se geskiedenis aandryf, is die Skepper van die heelal wat alles beheer, insluitende die groei en val van elke volk. God beheer ook wie oor elke volk aangestel word: "So sal alle mense weet dat die Allerhoogste mag het oor die koninkryke op aarde en dat Hy dit gee aan wie Hy wil; Hy stel sefs die onbelangrikste mens daaroor aan" (Dan 4:17). Verder is dit God wat 'n persoon toerus vir sy arbeid en die rykdom wat daaruit voortvloei, kom nie van die regering nie: "Ek het ook gesien wat goed is: dit is aangenaam om te eet en te drink en die lewe te geniet onder al die geswoeg op hierdie wêreld. Dit kom 'n mens toe vir die hele leeftyd wat God hom skenk. God gee aan 'n mens rykdom en besittings en laat hom dit geniet. God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen. Dit is 'n gawe van God. So 'n mens dink skaars na oor wat in sy lewe gebeur, so vol is hy van die blydskap wat God gee" (Prediker 5:17-19).

Sosialisme met al sy populariteit in sommige kringe, is nie 'n Bybelse model vir die samelewing nie. Teenoor sosialisme, verkondig die Bybel die siening van privaat eiendom en opper vermanings om dit te respekteer: soos, "Jy mag nie steel nie" (Deut 5:19) is sonder betekenis sonder privaat eiendom. Ongeag wat ons sien in mislukte eksperimente in sosialisme, eer die Bybel arbeid en leer dit dat individue verantwoordelik is om hulself te ondersteun: "As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie" (2 Tess 3:10). Die herverspreiding van rykdom, gegrond op sosialisme, verwoes betroubaarheid en die Bybelse werks-etiek. Jesus se gelykenis in Matt 25:14-30 leer ons duidelik aangaande ons verantwoordelikheid om God te dien met ons (private) bronne.

English


Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoe moet 'n Christen sosialisme beskou?

Vind uit hoe om ...

Spandeer die ewigheid met God



Ontvang vergifnis van God