settings icon
share icon
Vraag

Wat was die Christelike kruisvaarte?

Antwoord


Die kruisvaarte was die oorsaak van sommige van die mees herhalende argumente teen die Christelike geloof. Sommige Islamitiese terroriste beweer dat hul terroristiese aanvalle uit weerwraak teen die Christene is, wat kruistogte onderneem en dade gepleeg het. Dus, wat behels die kruisvaarte en hoekom word dit as so ‘n groot probleem vir die Christelike geloof beskou?

Eerstens, die kruisvaarte moet nie as “Christelike kruisvaarte” beskou word nie. Meeste van daardie mense was nie ware Christene nie, alhoewel hulle hulself so beskou het. Die Naam van Christus was misbruik, geskend en gelaster deur die optrede van baie kruisvaarders. Tweedens, die kruisvaarte het ongeveer van 1095 tot 1230 AD plaasgevind. Is dit reg dat die optrede van sogenaamde Christene van honderde jare gelede nog steeds teen vandag se Christene gehou word?

Derdens, nie dat dit ‘n voldoende verskoning is nie, maar Christenskap is nie die enigste godsdiens met ‘n gewelddadige verlede nie. Die kruisvaarte het eintlik gebeur, as gevolg van van die Moslemse indringing op grondgebiede wat hoofsaaklik deur Christene beset was. Van ongeveer 200 tot 900 AD was Israel, Jordanië, Egipte, Sirië en Turkye hoofsaaklik deur Christene bewoon. Eers toe Islam se mag versterk is, het die Moslems hierdie lande ingeval en wreed verdruk, in slawerny gedompel, ontvoer en selfs die Christene in daardie lande vermoor. In weerwraak het die Roomse Katolieke Kerk en “Christelike” konings/keisers van Europa die kruisvaarders opdrag gegee, om die grondgebied van die Moslems terug te eis. Die optrede van baie sogenaamde Christene in die kruisvaarte is steeds betreurenswaardig. Daar is geen Bybelse regverdiging om lande te verower, inwoners te vermoor en stede te verwoes in die naam van Jesus Christus nie. Terselfdertyd is Islam nie ‘n godsdiens wat kan praat van ‘n posisie van onskuld, rakende hierdie gebeure nie.

Om kortliks op te som, die kruisvaarte was pogings in die 11de eeu, deurlopend tot in die 13de eeu AD, om die grondgebiede wat in die Midde-Ooste deur die Moslems beset is, te herwin. Die kruisvaarte was bloedig en boos. Baie mense is gedwing om die Christelike geloof aan te neem. Indien hulle geweier het, is hulle doodgemaak. Die idee om grondgebied deur oorlog en geweld in die naam van Jesus Christus te verkry, is heeltemal onbybels. Baie dinge wat plaasgevind het tydens die kruisvaarte was totaal in stryd met dit waarvoor die Christelike geloof staan.

Hoe kan ons reageer, indien die Christelike geloof deur ateïste, agnostici, skeptici en diegene van ander godsdienste as gevolg van die kruisvaarte, aangeval word? Ons kan op die volgende maniere optree: 1) Is jy bereid om verantwoordelikheid te aanvaar vir mense se optrede van 900+ jaar gelede? 2) Is jy bereid om verantwoordelikheid te aanvaar vir die optrede van elkeen wat voorgegee het om jou geloof te verteenwoordig? Om die hele Christendom te probeer blameer vir die kruisvaarte is gelyksoortig daaraan, om alle Moslems te blameer vir Islamitiese terrorisme. English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat was die Christelike kruisvaarte?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries