settings icon
share icon
Vraag

Hoekom is Christene homofobies?

Antwoord


Per definisie is homofobie 'n "vrees" vir homoseksueles, maar die betekenis daarvan is uitgebrei en sluit "haat" vir homoseksueles in. In ooreenstemming daarmee, neig homofobie om homself te manifesteer deur 'n uitwaartse demonstrasie of gedrag, gebaseer op so 'n gevoel. Dit lei soms tot handelinge van wreedheid of uitdrukkings van vyandigheid. Die waarheid is dat homofobie nie net fokus op een segment van die gemeenskap nie. Dit kan gevind word onder mense in alle kringe van die lewe. Sulke haatgroepe het homoseksueles wreedaardig aangeval en het veral deur gewelddadige taalgebruik gepoog om homoseksueles te vervolg en te intimideer.

Meer dikwels word van Christene gesê dat hulle homofobies is, eenvoudig omdat hulle homoseksualiteit veroordeel as 'n sondige optrede. Die feit is dat die term "homofobies" sonder meer 'n woord is, wat gebruik word deur homoseksuele aktiviste en ondersteuners in hul pogings om weg te skram van'n werklike kritisisme van 'n immorele en ongesonde praktyk. Daar is mense en organisasies wat 'n irrasionele haat ontwikkel het teenoor homoseksueles en wat bereid is om gewelddadige optredes te gebruik om lyding teenoor hulle te bewerk. Tog is die probleem dat homoseksuele regte-aktiviste enigeen wat homoseksualiteit opponeer, beskuldig het van soortgelyke haat. Dus, Christene wat tereg onderskei dat homoseksualiteit 'n onnatuurlike sonde is, is gelykstaande aan gewelddadige kranksinniges wat haat sonder rede.

Aangesien die Bybel homoseksualiteit ten sterkste veroordeel, is daar nêrens 'n opdrag dat homoseksueles gehaat moet word nie. As Christene moet ons opstaan teen die perversie van homoseksuele aktiwiteit. Die Bybel is eksplisiet in die veroordeling daarvan, soos ook God se wraak teenoor diegene wat sulke gedrag uitoefen. As Christene word ons geroep om duidelik en liefdevol sonde aan te spreek vir wat dit is. Om die term "homofobie" te gebruik om te verwys na enigeen wat homoseksualiteit opponeer, is 'n afwyking, nie 'n geldige argument of akkurate voorstelling nie. 'n Christen moet net een vrees hê rakende homoseksueles – die vrees dat hulle vir ewig sal ly, as gevolg van hul besluit om die enigste manier tot verlossing te verwerp – die Here Jesus Christus wat die enigste hoop is, om te ontsnap vanuit 'n vernederende en vernietigende leefstyl.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Hoekom is Christene homofobies?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries