settings icon
share icon
Vraag

Wat is Christelike etiek?

Antwoord


Christelike etiek word in Kol 3:1-6 saamgevat,” Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Rig julle gedagtes op die dinge wat daar bo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, want julle het gesterwe en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel. Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodery is. Deur sulke dinge kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is.”

Die Bybel gee vir ons volledige instruksies oor hoe ons behoort te lewe en nie net ‘n lys van moets en moenies nie. Die Bybel is al wat ons benodig om te weet hoe ons as Christene moet lewe. Tog dek die Bybel nie eksplisiet elke situasie wat ons in die gesig staar nie. Hoe is dit dan moontlik dat dit genoegsaam is vir al die etiese dilemmas wat ons soms in die gesig staar? Dit is waar Christelike etiek inkom.

Die wetenskap omskryf etiek as “‘n stel morele beginsels, die studie van moraliteit”. Dus sal Christelike etiek die beginsels wees, wat van die Christelike geloof waarvolgens ons optree, afgelei word. Aangesien die Woord van God nie elke situasie wat op ons pad kom, dek nie, kry ons tog die standaarde hoe ons in sulke situasies, waar daar nie duidelike instruksies gegee word nie, dan moet optree.

Die Bybel sê byvoorbeeld nie iets eksplisiets oor die gebruik van onwettige dwelms nie, maar deur die beginsels wat ons in die Skrif leer, weet ons dat dit verkeerd is. Die Bybel sê tog dat ons liggame ‘n tempel van die Heilige Gees is en dat ons God daardeur moet verheerlik (1 Kor 6:19-20). Ons weet wat dwelms aan ons liggame doen en die skade aan verskeie organe en daardeur verwoes ons dan die tempel van die Heilige Gees. Dit is sekerlik nie eer aan God nie. Die Bybel leer ons ook dat ons die owerhede wat God self in plek sit, moet gehoorsaam (Rom 13:1). Gegewe die onwettige aard van dwelmmisbruik, tree ons nie in gehoorsaamheid op nie en rebelleer teen die owerhede op so ‘n manier. Beteken dit dat indien onwettige dwelms gewettig word, dit in orde sou wees? Nee, nie deur die eerste beginsel te verontagsaam nie.

Deurdat ons die beginsels van die Skrif gebruik, kan Christene die etiese verloop van enige situasie bepaal. In sommige gevalle sal dit eenvoudig wees, soos die reëls vir die Christelike leefwyse in Kol 3. Soms sal ons bietjie meer opleeswerk en studie moet doen. Die beste manier is om daaroor te bid, bid die Woord. Die Heilige Gees woon in elke gelowige en ‘n deel van Sy werk is om ons te leer hoe om te lewe: “en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het” (Joh 14:26). “Wat júlle egter betref, die Gees waarmee Hy julle gesalf het, bly in julle en julle het niemand anders nodig om julle te leer nie. Sy Gees leer julle alles en wat Hy julle leer, is die waarheid en geen leuen nie. Ja, soos Hy julle geleer het, moet julle in die Seun bly” (1 Joh 2:27). Dus wanneer julle die Skrif bid, sal die Gees ons lei en leer. Hy sal ons die beginsels uitlig, wat ons moet weet in ‘n gegewe situasie.

Aangesien God se Woord nie elke situasie dek nie, is dit heeltemal voldoende om daardeur ‘n Christelike lewe te lei. Vir die meeste dinge kan ons maar eenvoudig net lees wat die Bybel sê en daarvolgens optree. In etiese kwessies waarvoor die Bybel nie duidelike riglyne gee nie, moet ons volgens beginsels optree, wat daardie spesifieke situasie onderskryf. Ons moet daaroor bid en onsself vir Sy Gees oopstel. Hy sal ons leer en lei om die beginsels in die Bybel te vind, om sodoende ‘n Christelike leefwyse te kan volhou.

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Christelike etiek?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries