settings icon
share icon
Vraag

Wat is Christelike demonologie?

Antwoord


Demonologie is die studie oor demone. Christelike demonologie is die studie wat die Bybel leer aangaande demone. Christelike demonologie is nou verbind aan engelestudie wat ons leer oor demone, wat hulle is en hoe hulle ons aanval. Satan en sy demone is gevalle engele, werklike persoonlike wesens wat oorlog teen God voer, die heilige engele en die mensdom. Christelike demonologie help ons om bewus te wees van Satan, sy handlangers en hul bose planne. Hier is 'n paar belangrike sake in Christelike demonologie:

Wat sê die Bybel oor demone? Die Bybel dui aan dat demone gevalle engele is – engele wat saam met Satan teen God rebelleer. Satan en sy demone begeer om almal wat God se volgelinge is en Hom aanbid, te mislei en te vernietig.

Hoe, hoekom en wanneer het Satan uit die hemel geval? Dit het met hom gebeur as gevolg van die sonde van trots (pride) – dit het gelei tot sy rebellie teen God. Die werklike tyd van sy val is nie in die Bybel opgeteken nie. Dit mag dalk gebeur het "buite die tyd", dit is: voor die skepping van tyd en ruimte.

Hoekom het God sommige van die engele toegelaat om te sondig? Die engele wat geval het en demone geraak het, het 'n vrywillige keuse gemaak – God het geen van die engele geforseer of aangemoedig om te sondig nie. Hulle het uit hul eie vrye wil gesondig en is as gevolg daarvan waardig om God se ewige straf te verdien.

Kan Christene deur demone beset wees? Ons hou sterk vas aan die oortuiging dat 'n Christen nie deur 'n demoon beset kan wees nie. Ons glo daar is 'n verskil tussen duiwelbesetenheid en om deur 'n demoon beïnvloed of onderdruk te word.

Is daar aktiwiteit van demoniese geeste in vandag se wêreld? As ons die feit in ag neem dat Satan "die duiwel loop rond soos 'n brullende leeu, opsoek na iemand om te verslind" (1 Pet 5:8) is en omdat ons weet dat hy nie alomteenwoordig is nie, is dit logies om aan te neem dat hy sy demone sou stuur om sy werk in die wêreld te doen.

Wie en wat is die Nephilim? Die Nephilim (gevalle reuse) was die nageslag van seksuele verhoudings tussen die reuse en dogters van mense in Gen 6:1-4. Daar is baie debatte oor die identiteit van die reuse ("manne van naam").

Baie mense glo dat Satan en sy demone net personifikasies van die bose is. Christelike demonologie help ons om te verstaan wat die natuur van die geestelike vyand is. Dit leer ons hoe om die duiwel en sy versoekings te weerstaan en te oorkom. Prys die Here vir die oorwinning oor die duisternis deur ons Here Jesus Christus! Aangesien die Christen nie met demonologie behep moet wees nie, sal 'n duidelike begrip van demonologie help om ons vrese te kalmeer, ons help om waaksaam te wees en ons herinner om altyd naby die Here te leef. Ons het Die Heilige Gees wat in ons harte woon en "Hy wat in julle is, is groter as die duiwel, wat in die wêreld is" (1 Joh 4:4).

'n Sleutelteks wat verwant is aan Christelike demonologie is 2 Kor 11:14-15, "En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as 'n engel van die lig. Daarom is dit ook nie snaaks dat sy dienaars hulle voordoen as mense wat die wil van God doen nie. Aan die einde sal hulle kry wat hulle vir hulle dade verdien."

English



Terug na die Afrikaanse tuisblad

Wat is Christelike demonologie?
Deel hierdie bladsy: Facebook icon Twitter icon Pinterest icon Email icon
© Copyright Got Questions Ministries